Minder as 30% van polisie se helikopters, vliegtuie operasioneel:
Dit is omdat ’n spesifieke offisier of offisiere nie vir die geskeduleerde instandhouding aanspreeklik gehou kan word nie. Solank as wat bestuurders teen aanspreeklikheid beskerm word, kan ons tog niks anders verwag nie. – Meester
Kry die operasionele vermoë om goed te diens en in werkende toestand te kry en te hou. Is dit ’n basiese gebrek aan kundigheid of bestuur? – Koos v.d. Merwe
Koop nuwes, ja. Oor ’n jaar staan hulle ook. Het hulle nog nooit van instandhouding geleer nie? Ek glo daar is ’n paar hoogbesoldigde “onderhoudbestuurders”. – Sare1
Is daar bekwame vlieëniers vir hierdie vliegtuie en helikopters? – Sissie
30% is mos deesdae slaag, en 50% is amper ’n onderskeiding. As jy dit met die lugmag vergelyk, is dit uitstekend. – Buksie
Dit klink ook baie soos ’n syfer wat toegepas kan word op die topstruktuur en personeel in die polisie wat operasioneel geskik is. Wel, dis miskien ’n bietjie hoog. – PousLeo
30% is darem hoër as die ANC se huidige steun. – zazazazazazaza

















