Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Wanneer Louis Liebenberg se broek en Jacob Zuma se portret opgeveil word (16.10), wonder ek wat die hoogste bod gaan ontvang. – Martin Bekker

Hoeveel sal Louis Liebenberg se likwidateurs my betaal om die portret van Jacob Zuma te neem? – Hans, Stellenbosch

Die verandering van die Hoërskool D. F. Malan se naam na die D. F. Akademie is volkome sinneloos en eintlik lagwekkend. Het mense regtig niks beter om hulle mee besig te hou nie? – Jep, Brackenfell

Pres. Cyril Ramaphosa, jy het een keer die waarheid gepraat en nou kom dit terug en byt jou aan die agterent. Die waarheid is dat die ANC moet gaan kers opsteek by die DA-munisipaliteite om te kyk waarom hulle suksesvol is en julle so hopeloos misluk. Die wil om te presteer makeer, maar net by julle. – Hennie van Schalkwyk, Heidelberg

Pres. Cyril Ramaphosa, jou minister het op TV gesê Lichtenburg is nou mooi skoon. Ek wil nie sê hy lieg nie, maar hy praat nie die waarheid nie. Ons verdrink in die vuilgoed en ons paaie is onrybaar. Julle leef in ’n droomwêreld. – Piet van Lichtenburg

Daar is so baie mense wat sterf as gevolg van busbestuurders wat beheer verloor dat ek wonder: Het die bestuurders wel bestuurslisensies, en bestaan die wetgewing/regulasie dan nog wat openbare bestuurslisensies betref? – EHG, Hermanus

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM