Lesers sê

‘Vryheid kom môre’ steeds ’n gepaste titel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Slive Solomon, Goodwood:

“Freedom is Coming Tomorrow” is geskep vir die rolprent Sarafina! in 1992, en daar was groot verwagting dat die meeste agtergeblewe gemeenskappe se lewens gaan verander. Die titel is gepas vir die huidige toestand waarin die land hom bevind deur nie ware vryheid te bekom sedert die era van demokrasie in 1994 begin het nie.

Die waarheid is, hierdie lied sal nog altyd gesing word omdat die regering sekere mense toelaat om van die volgende vryhede te geniet: korrupsie sonder suksesvolle vervolging; die plundering van die staatskas; die gebruik van onwettige vuurwapens om moord te pleeg; geslagsgebaseerde geweld (GBV); die aanstelling van onbevoegde kaders; en vrye toegang vir onwettige immigrante.

Pres. Cyril Ramaphosa en sy trawante het die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika verontagsaam deur nie in die mense se basiese behoefte aan water en sanitasie te voorsien nie. Meeste van ons munisipaliteite is letterlik in ’n gemors volgens die ouditeur-generaal se verslae. Die toestand van onderwys, gesondheid en behuising laat veel te wense oor. Daarbenewens is die ekonomie sukkelend, terwyl baie mense in hul skuld verdrink, maar die president kon miljoene dollars in sy rusbank wegsteek.

Die sosiale en ekonomiese verdelings in ons land herinner ons aan die mislukte koloniale apartheidsfilosofie. Altans, die huidige regering kon nie die oorgang na ’n deelnemende demokrasie maak nie as gevolg van die vertrouens-tekort wat tussen die leiers en publiek bestaan.

Prof. Mandla J. Radebe in sy boek Apartheid Did Not Die: South Africa’s Unfinished Revolution herinner ons daaraan dat die demokratiese era nie die argitektuur van apartheid vernietig het nie, maar dit bloot oorgeverf het.

Dit kan nie wees dat terwyl Johannesburg brand, die president besig is met die Free Palestine-speletjie nie.

Die tyd het aangebreek vir die ontstaan van ’n intergenerasie-kollektief om ’n oproep te maak vir ’n nasionale verkiesing in 2027 wat die renaissance van ons nasie kan bewerkstellig.

Daar bestaan geen vryheid as ’n mens nog daarvoor moet veg nie

clive solomon, goodwood

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM