Menings

Soedan-oorlog vererger

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Rook hang oor Khartoem tydens gevegte tussen die Soedanse weermag en die RSF. Minstens 150 000 mense is binne ’n jaar in die Soedanse burgeroorlog dood.       Foto: reuters
Rook hang oor Khartoem tydens gevegte tussen die Soedanse weermag en die RSF. Minstens 150 000 mense is binne ’n jaar in die Soedanse burgeroorlog dood. Foto: reuters (Stringer)

Ná byna 18 maande van oorlog is die gevegte in Soedan aan die eskaleer namate die seisoenale reën bedaar. Die leër maak gebruik van verskerpte lugaanvalle en geallieerde vegters om sy posisie te versterk voor 'n waarskynlike opstuwing van sy teenstander, die paramilitêre blitsondersteuningsmag (RSF).

As die gevegte hewiger word, sal die reeds benarde humanitêre krisis erger word. Daar is reeds hongersnood en meer as 10 miljoen mense - 'n vyfde van die bevolking - is ontheem, die ergste ter wêreld. Agentskappe van die Verenigde Nasies (VN) kon in baie gevalle nie hulp verleen nie.

"Daar sal nie 'n beslissende deurbraak wees nie," sê 'n senior Westerse diplomaat in die streek wat anoniem wil bly. Wat ons verwag, is meer fragmentasie, dat meer gewapende groepe betrokke raak . . . en dit sal die situasie in die algemeen moeiliker maak."

In Darfoer het voormalige rebellegroepe en vrywilligers van kampe vir ontheemdes opgetrek om die digbevolkte stad Al-Fasjir, die weermag se laaste vesting in die westelike streek, teen golwe van RSF-aanvalle te beskerm.

Die RSF het vir 'n groot deel van die konflik die oorhand gehad, maar verlede week het die Soedanse weermag sy grootste offensief tot nog toe in Khartoem, hoofstad, van stapel gestuur en tot oor 'n kernbelangrike brug oor die Nylrivier opgeruk. Dit was nadat hy nie aan Amerikaans geleide samesprekings in Switserland wou deelneem nie.

In Darfoer het voormalige rebellegroepe en vrywilligers van kampe vir ontheemdes opgetrek om die digbevolkte stad Al-Fasjir, die weermag se laaste vesting in die westelike streek, teen golwe van RSF-aanvalle te beskerm.

Uit twee bronne in die weermag word verneem die weermag werk al maande lank om sy wapentuig aan te vul, onder meer met hommeltuie en vegvliegtuie, en om nuwe vrywilligers op te lei om sy posisie op die grond te versterk voor enige onderhandelinge.

Drie inwoners van die hoofstad - bestaande uit Khartoem en die aanliggende Omdoerman en Bahri - sê in die laaste paar dae het die weermag meer lugaanvalle uitgevoer met meer hommeltuie en vegvliegtuie as vantevore.

Die weermag is nou in beheer van die Halfaia-brug in die hoofstad wat hom in staat stel om vanuit sy basisse in Omdoerman 'n vastrapplek in Bahri te kry.

Terwyl die weermag sy superieure lugvermoë aan die einde van die reënseisoen gebruik het om grondgebied onder beheer van die RSF in die hoofstad, Darfoer en die deelstaat El Gezira te peper, sal die RSF se doeltreffender grondtroepe na verwagting 'n voorsprong kry wanneer die droë seisoen aanbreek en paaie meer begaanbaar word.

Die RSF het onlangs 'n video uitgereik waarin sy vegters hul vyande in Senar 'n "warm winter" belowe. Sy vordering daar is vroeër deur die reën vertraag.

Albei kante het hulself militêr versterk terwyl die konflik in Afrika se derde grootste land, geografies gesproke, verdiep en kry materiële steun van buitelandse ondersteuners, sê diplomate en ontleders.Gevegte in die hoofstadDie oorlog het in April verlede jaar begin toe die weermag en RSF mekaar verdring het om hul mag en welvaart te beskerm voor 'n beplande politieke oorgang na burgerlike regering en vrye verkiesings.

Die RSF spruit uit die sogenaamde Janjaweed-stryders wat die regering in die vroeë 2000's gehelp het om 'n rebellie deur nie-Arabiese groepe in Darfoer te onderdruk. Die RSF het spoedig 'n groot deel van die hoofstad beset voordat hy sy greep op Darfoer gekonsolideer het en El Gezira, suid van Khartoem, beset het.

Die slagting duur voort terwyl nie-Arabiese voormalige rebellegroepe en vrywilligers van kampe vir ontheemdes wat beter toegerus is vir grondgevegte, baklei om hulself en hul families te beskerm, sê die getuies.

Vroeër vanjaar het die weermag veld gewen in Omdoerman nadat hy Iranse hommeltuie bekom het. Tog was daar weinig aanduiding dat hy op dié voordeel voortgebou het voor die verrassingsaanval laat verlede maand op die dag waarop genl. Abdel Fattah al-Boerhan, bevelvoerder, aan die VN gesê het die RSF moet onttrek en die wapen neerlê voordat daar vrede sal wees.

Die weermag is nou in beheer van die Halfaia-brug in die hoofstad wat hom in staat stel om vanuit sy basisse in Omdoerman 'n vastrapplek in Bahri te kry. Die weermag het ook volgens militêre bronne en getuies heftige skermutselings en skerpskutters weerstaan om oor 'n ander Nyl-brug te vorder wat na die hart van die hoofstad lei.Siekte en hongersnoodAl-Fasjir, wat propvol is met sowat 1,8 miljoen inwoners en ontheemdes, is al maande lank onder beleg van die RSF.

Aktiviste en diplomate waarsku oor moontlike etnies aangevuurde bloedvergieting as die rebelle oorneem. Die RSF en sy bondgenote is al van sulke geweld elders in Darfoer beskuldig.

Twee getuies in Al-Fasjir sê die RSF bombardeer groot dele van die stad terwyl die weermag met lugaanvalle reageer.

Soedan, wat te midde van die konflikte in Oekraïne, Gasa en elders dikwels oor die hoof gesien word, het einde verlede maand 'n mate van diplomatieke aandag in die VN se Algemene Vergadering gekry.

Die slagting duur voort terwyl nie-Arabiese voormalige rebellegroepe en vrywilligers van kampe vir ontheemdes wat beter toegerus is vir grondgevegte, baklei om hulself en hul families te beskerm, sê die getuies.

'n Plaaslike groep wat ontheemde mense in Darfoer verteenwoordig, sê die gevegte het die humanitêre situasie in meer as 20 kampe oor Darfoer heen vererger. "Hulle almal het 'n tekort aan die mees basiese daaglikse benodigdhede."

Hulpwerkers en menseregte-aktiviste sê daar is tot dusver min tekens van 'n toename in humanitêre noodleniging, ondanks ondernemings deur albei kante om toegang daartoe te verbeter.

Soedan, wat te midde van die konflikte in Oekraïne, Gasa en elders dikwels oor die hoof gesien word, het einde verlede maand 'n mate van diplomatieke aandag in die VN se Algemene Vergadering gekry.

Maar Isobel Coleman, adjunkadministrateur van die Amerikaanse hulpverleningsorganisasie USAid, sê daar is min vordering in die pogings om eksterne rolspelers te laat ophou om die Soedanse oorlog aan te vuur. "Albei rolspelers in die konflik, albei kante, het steun van buite wat hulle glo die skaal in hul voordeel sal laat swaai." - Reuters

Khalid Abdelaziz en Aidan Lewis

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM