Profiele

Marc Lottering: Skreeusnaaks maar ‘baie eensaam’

Marc Lottering praat in die Baxter-teaterkompleks in Kaapstad oor sy werk en sy lewe. Foto: Jaco Marais
Marc Lottering praat in die Baxter-teaterkompleks in Kaapstad oor sy werk en sy lewe. Foto: Jaco Marais

Die lewe van 'n komediant kan baie eensaam wees, sê Marc Lottering, wat "soos 'n evangelis" op die verhoog beweeg, aan Murray La Vita.

Dit is hoofsaaklik die gekoer van duiwe wat op 'n Dinsdagmiddag deur die vensters en deure van die groot Baxter-teaterkompleks in Kaapstad hoorbaar is.

Totdat Marc Lottering se stem skielik opklink en hy voor ons verskyn met die breë glimlag op sy uitdrukkingsvolle mond; sy groot haredos; sy arms waarop in ink onder meer geskryf staan: "Mom", "Dad" en "Aunty Merle.

Lottering is ontspanne in 'n kortbroek en dieporanje hardloopskoene, en klaarblyklik vol selfvertroue soos wat 'n mens sou verwag van 'n kunstenaar op die kruin van sy sukses en met 'n groot aanhang hier en in die buiteland. Hy beleef waarskynlik ook die nagloed van die groot akklamasie waarmee die eerste vertonings van sy musiekblyspel Aunty Merle: Things Get Real hier in die Baxter begroet is.

Die Kaapse speelvak is tot 21 Januarie en hopelik sal dit later ook in Johannesburg op die planke kom, sê Lottering.

"Ek het in September en Oktober met my stand-up show Uncle Marc getoer. Ek was in Dubai, Australië en Londen. Dit was wonderlik en 'n groot sukses

"It has been a long time. Dieselfde ding het regoor die wêreld gebeur. Mense het lank gevat om weer hulle lip gloss aan te sit because of the mask and been locked up at home.

"álles was online - jou kantoor, jou entertainment, jou Tinder dates, jou Grindr dates; dit was alles in jou kamer.

"So, uiteindelik kon mense uitkom, en ek dink dit was deel van die celebration of coming back to life again. Die audiences het net teruggestroom.

"Ek het natuurlik hierdie following in Londen en Australië wat ek oor jare opgebou het. Dis nie 'n oornag ding nie. Dis jare se investment. Ek het soontoe gegaan en in kamers en klein plekkies perform totdat dit gegroei het.

"Daardie mense het ook gedurende Covid gewag. Die Suid-Afrikaners leef mos regoor die wêreld. Australië was great, maar wat wonderlik was, was om in Leicester Square Theatre in Londen te perform . . . Die buzz, die vibe, die show . . . álles! Om in daardie theatre te wees! En die after party!

"Ek dink ons almal moet soms daaraan herinner word dat ons deel van die wêreld is. Jy is deel van die wêreld en daar loop jy aan die ander kant van die wêreld, maar ons is almal mense. Ja, dit was wonderlik om daar te wees."

‘Snaaks is snaaks'

Ons praat oor hoe sy plaaslike en internasionale gehore verskil.

‘I'm celebrated by Capetonians in a very big way because I'm born and bred on the Cape Flats.' Foto: Jaco Marais
‘I'm celebrated by Capetonians in a very big way because I'm born and bred on the Cape Flats.' Foto: Jaco Marais

"I'm celebrated by Capetonians in a verby big way because I'm born and bred on the Cape Flats. En ek vertel die stories . . . Die goed waaroor ek skryf - of dit nou my stand-up material of Aunty Merle is - ek skryf net oor wat ek ken. Ek maak nie of ek iets weet nie van outside of where I come from.

"So, daar is baie mense wat deel is van daardie celebration. Maar oor die jare het daar 'n huge cross over gebeur.

"Die beauty van humor is dat snaaks snaaks is. En snaaks kan nie in 'n boks gesit word nie. In hierdie geval gaan dit oor die storie wat jy vertel. So, veral wat die expats oorsee betref, was daar 'n cross over want dis nog meer intens vir die mense in Londen en in Australië; vir hulle gaan dit oor South Africa and the South Africanness of my stories. Hulle celebrate in a very different way.

"Toe ek nou daar was met Uncle Marc, ek dink dit was in Melbourne, het mense gehuil. Dis stand-up comedy maar mense het gehuil; dit was vir hulle emosioneel. Dit was simply ook oor my South Africanness en oor wat mense mis. Party mense wil terugkom en party mense se kinders is oorsee. So, mense het baie gemengde emosies wanneer hulle na die show kyk.

"Wat die Baxter en Kaapstad betref, het ek traditionally altyd verwag dat dit hoofsaaklik bruin mense sal wees wat kom kyk, maar ons kan dit nie meer as vanselfsprekend aanvaar nie."

Goeie nuus

Toe Dali Tambo jare gelede met Lottering 'n onderhoud gedoen het vir sy program People of the South het hy 'n verband getrek tussen wat Lottering as komediant doen, en sy pa, wat 'n pastoor in 'n Pinksterkerk was.

‘Ek het mos nou grootgeword in die kerk; dis mos my training ground.'      Foto: Jaco Marais
‘Ek het mos nou grootgeword in die kerk; dis mos my training ground.' Foto: Jaco Marais

"Hy het stand-up comedy gelyk gestel aan die ‘goeie nuus'; dit wat mense goed laat voel. Hy het gesê in vele opsigte gaan ek aan met daai legacy.

"Dit maak absolute sense . . . Jare later het ek by Emperor's Palace perform en 'n komediant wat niks van my familie af weet nie het ná 'n show vir my gesê: ‘Weet jy dat jy soos 'n evangelist beweeg wanneer jy jou stand-up comedy doen? Jou ritme en jou pace is presies soos 'n pastoor s'n.'

"Ek luister na hierdie ou en ek dink: Ek het mos nou grootgeword in die kerk; dis mos my training ground. I watched it en dis ook 'n art form, if you like, want die manier wat jy 'n Bybelstorie vir 'n congregation vertel, is baie, baie spesifiek. As jy goed is, is dit baie spesifiek. Die emosie daarvan; die ritme daarvan; wanneer praat jy sagter; wanneer raak jy vurig. So, ek het met al daardie dinge grootgeword. En ek dink ek moet my pa daarvoor bedank.

"Moenie van die tiendes en bydraes vergeet nie, nè. Dis die een ding wat ek van die kerk gevat het. Set your box-office price right."

‘Jy moet net góói'

Die ontwrigting van die pandemie kom ter sprake.

‘Ek dink ons almal moet soms daaraan herinner word dat ons deel van die wêreld is.' Foto: Jaco Marais
‘Ek dink ons almal moet soms daaraan herinner word dat ons deel van die wêreld is.' Foto: Jaco Marais

"Ek het baie vinnig besef Covid gaan nie die rent betaal nie. My producers het toe vir my gesê dis tyd om online te gaan. Ek was baie reluctant om dit te doen want ek glo ook comedy is 'n lewendige ding. Dis 'n dans. Twee mense wat dans. Jy moet 'n live audience hê.

"Maar toe gaan ek online en my online shows het regtig goed gevaar. Dit is toe ek regtig dankbaar was vir die amper 20 jaar se investment in stand-up comedy in Suid-Afrika. Weet jy hoeveel mense het kaartjies gekoop en nie gekyk nie? Hulle hou nie van online stuff nie maar hulle het dit gedoen om my te support. Party mense het 20 kaartjies gekoop en dan sou hulle my laat weet hulle het dit nie online gekyk nie, maar hulle kan nie wag om dit live te sien nie. Natuurlik was daar baie mense wat ook online na die shows gekyk het.

"En jy moet onthou dit was in die tyd toe al daai geld vir die arts went missing so we could forget about funding. Suid-Afrikaners van hier en oorsee het my aan die gang gehou in Covid.

"So, dít is wat ek gedoen het; ek moes aan 'n ander medium gewoond raak en dit was ook lekker tough want dit is net die twee kamera-ouens en gewoonlik is daar net een wat lag en hy lag nie eers vir jou goed nie; hy dink aan wat hy gisteraand gedoen het. Maar jy moet net góói [hy klap sy hande] want almal is ingetune."

Eerste 10 minute

Die spanning voor 'n vertoning is iets wat hom nooit los nie.

"Met iets soos hierdie show [Auntie Merle] is daar 'n groot cast, so daar is ander mense wat deur dieselfde ding gaan.

"Maar die lewe van die stand-up comedian is esentially 'n baie lonely one. Jy skryf alleen. Jy klim alleen op die vliegtuig en jy loop alleen op die verhoog. Gelukkig is my producer [Anwar McKay] ook my husband, so I have that.

"Maar jy kan dit nie avoid dat jy creatively partykeer net moet uitzone en op jou eie moet wees en die material op jou eie moet deliver nie.

"Vir my it is all about the first ten minutes - dan weet ek al hoe die aand gaan wees. Dit gaan óf báie lekker wees because you just feel the love and they are ready to rock and roll with you óf jy weet: oukei, hier sal ek moet focus . . ."

Hy lag.

"Hierdie mense gaan nie sommer net . . . You've got to work it. En dan doen jy dit. And experience gives you that."

‘Dít was my wêreld'

Aunty Merle: Things Get Real is 'n musiekblyspel met 'n groot rolverdeling insluitend kunstenaars soos Loukmaan Adams en Jawaahier Petersen. Die ontwrigting en verlies van die pandemie vind in die stuk neerslag. Aunty Merle se geliefde huis in Belgraviastraat in Athlone word byvoorbeeld amper onder haar uitverkoop weens die geldelike verknorsing waarin haar loodgieter-man Dennis (Royston Stoffels) in die pandemie beland het.

Aunty Merle (Marc Lottering) en haar man, Dennis (Royston Stoffels), in die musiekspel ‘Aunty Merle - Things Get Real'. Foto: Mark Wessels
Aunty Merle (Marc Lottering) en haar man, Dennis (Royston Stoffels), in die musiekspel ‘Aunty Merle - Things Get Real'. Foto: Mark Wessels

"Ek ken mense wat geskei het. Ek ken mense wat nooit weer hulle businesses kon oopmaak nie. Dis interessant as jy net kyk na die material consequences van Covid. En dan is dit ook interessant om te besef how much importance many people have placed on their existence in terms of the material. Toe dit weggevat is many things fell apart. That's the one aspect of it.

"Aunty Merle is this character who is always on about her . . . Sy sal casually sê: ‘Ek weet nie meer watter remote is vir wat nie, want ek het die garage en . . .' And she is always on about the fact that they live in a free-standing house.

"Wanneer hierdie goed van jou af weggevat word you've got to question what your values really are. As jy dit wíl doen. Daar is ook mense wat sê: ‘Ek wíl nie. Dít wás my wêreld, en dit is nou weg.'

"Dan is daar die loss van al die mense wat doodgegaan het in die pandemic waarmee mense ook moet deal. So, I think a lot of peole reassessed where they were in life and what was important to them."

Vertroue

Sy gehoor kan soms 'n belangrike wending in 'n opvoering veroorsaak. Byvoorbeeld met die "non-binary" eiendomsagent Mandy Engel (Crystal Finck).

‘Maar jy moet net góói, want almal is ingetune.' Foto: Jaco Marais
‘Maar jy moet net góói, want almal is ingetune.' Foto: Jaco Marais

"Ons het besluit: Ag, let's make her non-binary, because suddenly we started having a few people in our circle of friends who arrived and went: ‘My pronouns are they and them', for example.

"My friends have great fun with me because I always say after the third tequila weet ek nie meer wie is watter pronoun nie en dan sê ek: ‘Man, ons iet nou net! Are you having breyani or not?'

"So when we previewed . . . The minute she walked into Merle's house and she said: ‘My pronouns are they and them' the audience screamed. And because they screamed I went to the door to look for ‘them'.

"En dít is hoe daai develop het. Ek het van die audience verstaan hulle het hulself in Merle gesien wat confused is oor dié ‘they and them' en dan by die deur gaan kyk. The audience redirected the whole scene. Húlle het my laat omdraai en by die deur uitkyk.

"Dié redirection is nog iets wat so baie deel is van my brand en van al my werk. Die audience laat jou weet where they are at. As jy mense wil challenge . . . Vir my was dit nog altyd belangrik om mense met kindness te challenge. En daar kan nie 'n beter medium daarvoor wees as 'n musical comedy nie. En 'n comedian wat hulle vertrou."

CTA