Profiele

Proust met Brendan Peyper

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Om myself te kon vind in hierdie warboel van 'n droom. En natuurlik om op verhoë te verskyn soos Krone, Afrikaans is Groot en by groot feeste in die land.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

As jy vrede in jou hart het en geluk kan vind in die klein oomblikke. En as jy op jou eie gelukkig kan wees, dan kan jy altyd gelukkig wees.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Ek is baie positief en ek gryp elke geleentheid aan wat die Here oor my pad stuur.

Wat is jou gunstelingberoep?

Om met beeste en wild te boer.

Wat is jou kosbaarste besitting?

My Bybel, my honde.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

My ma en die Here.

Wat is jou gunstelingreis?

Basmati-rys. Nee, ek grap, Amerika!

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Ek kan stilte vind in die geraas en ek ken my identiteit.

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Die dag toe my professionele loopbaan as sanger afgeskop het.

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Mense wat nie kan bestuur nie en stadig ry.

Wat is jou grootste vrees?

Om God teleur te stel en nie die pad te volg wat Hy vir my uitgelê het nie.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Ek is nie bang om foute te maak en te leer nie. Ek is ook nie bang om kanse te vat nie, al is die risiko dalk groot.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

Julius Malema is seker nie 'n slegte opsie nie.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Dat ek 'n plaas gekoop het toe ek 20 jaar oud was. Dit was die verkeerde besluit en ek het baie verloor.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Om 'n komediant te wees.

Waar sal jy die graagste wil bly?

Namibië of Bloemfontein.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Vrouens, nee ek grap. Ek sou sê die feit dat mense deesdae nie die son oor mekaar kan sien skyn nie en dat mense te min luister en te veel praat.

Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?

Geloof, trots, vertroue, geduld, standvastigheid en eerlikheid.

Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?

Kalmte, saggeaard, iemand wat mooi kyk na haarself (innerlik en uiterlik) en omgee vir ander om haar.

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Geduld.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Aggressie en onrustigheid.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Hulle sal later vrae vra en eerste help.

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Maverick van Top Gun.

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Napoleon Hill.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Dawid.

Wie is jou helde in die ware lewe?

My pa en my hond Trompie.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Jordan B. Peterson

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Enigiets wat teenstrydig is teenoor jou geloof.

Wanneer vertel jy leuens?

Soms as ek laat is.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

"Ai."

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

My ongeduld.

Wat is jou gunstelingname?

My geduld.

Hoe sal jy graag wil sterf?

Vinnig en sonder waarskuwing. In my slaap.

As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?

Sou wou terugkom as myself en 'n paar dinge anders doen.

Wat is jou motto?

It's not what you look at that matters, it's what you see.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM