Profiele

Proust met Christia Visser

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Christia Visser is 'n sangeres en aktrise en vertolk die rol van Candy in kykNET se telenovelle Diepe waters wat Maandae tot Donderdae om 18:30 uitgesaai word.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Moederskap.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

Uit die maag uit lag.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Effens gestres, maar meer dankbaar.

Wat is jou gunstelingberoep?

Om mense te kan vermaak.

Wat is jou kosbaarste besitting?

My baba, maar ek besit haar nie, so dan is dit my ma se trouring.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

Kida en Thomas Webb.

Wat is jou gunstelingreis?

'n Roadtrip.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Doelgerig

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

My troudag.

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Onregverdigheid

Wat is jou grootste vrees?

Isolasie

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Games! Alle tipes. Party van ons hou nooit op met speel nie. Rekenaarspeletjies, bordspeletjies, kaartspeletjies, legkaarte . . . alle tipes speletjies.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

I really try to see the good in people. Goeie mense maak ook foute.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Dat ek nie vroeër 'n sielkundige gaan sien het nie.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Ysskaats

Waar sal jy die graagste wil bly?

Ierland . . . ek was nog nooit daar nie, maar die prentjie in my brein is ongelooflik.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Hongersnood

Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?

Intelligensie

Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?

Sagtheid

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Vergeetagtigheid

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Egotisme

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Lojaliteit

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Zorro

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Brene Brown, Wilbur Smith, Donald Miller.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Prinses Diana.

Wie is jou helde in die ware lewe?

My ouers en my suster.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Daar is baie . . . maar as ek een moet kies, is dit Pink.

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Vriendelikheid . . .

Wanneer vertel jy leuens?

As ek regtig-egtig moet . . . Ek is nie goed met leuens nie, die skuld vreet my op.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

Ek het ADHD.

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

My borste . . . mammas sal verstaan.

Wat is jou gunstelingname?

Kida.

Hoe sal jy graag wil sterf?

In my slaap.

As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?

'n Bederfde huiskat.

Wat is jou motto?

Flow, don't force.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM