Profiele

Proust met Dineke Orton

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ná vyf jaar as visuele kunskurator van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees roep Dineke Orton die fees vanjaar vaarwel toe om te fokus op haar nuwe rol as kurator van die Universiteit van Johannesburg se kunsgalery en om meer tyd saam met haar seuntjie deur te bring.

Dineke Orton.
Dineke Orton.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Ek vermoed dit sal my doktorsgraad wees.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

'n Gesin wat mekaar liefhet, waardeer, saam lag en lekker speel.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Ek is vreeslik gelukkig.

Wat is jou gunstelingberoep?

My eie - as kurator!

Wat is jou kosbaarste besitting?

'n Mediumformaat-kamera wat aan my pa en oupa behoort het.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

Die nuwe toevoeging tot ons gesin, my babaseuntjie, Jamie.

Wat is jou gunstelingreis?

'n Toer na St. Petersburg saam met my suster.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Ek is nogal geduldig.

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Tans!

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Onderonsies.

Wat is jou grootste vrees?

Dat een van my geliefdes sal sterf.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Dit is vir seker kunswerke.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

Donald Trump.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Ek kan nie nou aan enige iets dink nie.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Om op gehoor enige instrument te kan speel.

Waar sal jy die graagste wil bly?

Nature's Valley.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Besoedeling en die afskeep van die natuur.

Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?

Skerpsinnige grappigheid.

Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?

Skerpsinnige grappigheid.

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

My kosmaak-vermoë.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Manipulerende neigings.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Hul vriendskap!

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Winnie-the-Pooh.

Wie is jou gunsteling­skrywer(s)?

Lewis Carroll, A.A. Milne en Mikhail Bakhtin.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Marie Curie.

Wie is jou helde in die ware lewe?

Ek dink nie ek het 'n held nie.

Watter lewendige mens bewonder jy die meeste?

My man, Ruben. Hy beïndruk my gedurig!

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Nee, ek weet nie.

Wanneer vertel jy leuens?

As die waarheid iemand onnodig gaan seermaak.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

"Regtig?"

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

Ek sal graag my langtermyngeheue wil verbeter.

Wat is jou gunstelingname?

Dienks, Dina, Dinky, Dini en Dinoir.

Hoe sal jy graag wil sterf?

Skielik en vinnig.

As jy ná jou afsterwe kon terug-kom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?

Ek sal 'n gemmerkat wees.

Wat is jou motto?

No regrets.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM