Marijke Coetser is 'n aktrise en is van volgende week af te sien in kykNET se novelle Diepe waters, wat Maandae tot Donderdae om 18:30 uitgesaai word.
Wat is jou grootste prestasie tot dusver?
Ek het albei my kinders met natuurlike geboorte in die lewe gebring.
Wat is jou idee van perfekte geluk?
'n Gemaklike leefstyl sonder finansiële stres.
Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?
Gemotiveerd en vol dankbaarheid.
Wat is jou gunstelingberoep?
Akteur.
Wat is jou kosbaarste besitting?
My kinders.
Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?
My man.
Wat is jou gunstelingreis?
Mauritius.
Wat is jou sterkste karaktereienskap?
Ek is 'n baie positiewe mens.
Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?
Vandat ek en Werner saam is, en elke liewe dag saam met hom en my kinders is 'n seëning!
Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?
Vroeg opstaan!
Wat is jou grootste vrees?
Inspuitings.
Wat is jou grootste uitspattigheid?
Musiek luister en sing saam met my kinders op pad skool toe.
Watter lewende mens verag jy die meeste?
Mense wat bewustelik kies om in 'n slegte situasie te bly eerder as om iets daaromtrent te doen.
Waaroor is jy die meeste spyt?
Dat ek nie vroeër my sproete aanvaar het nie. Ek het soveel jare gemors op my eie onsekerhede.
Watter talent sou jy graag wou hê?
Ek wens ek kon sing.
Waar sal jy die graagste wil bly?
Iewers in die Kaap.
Wat beskou jy as die grootste ellende?
Werkloosheid.
Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?
Selfversekerdheid en bekwaamheid.
Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?
Absolute gemaklikheid in wie sy is as vrou, met 'n goeie balans van selfvertroue.
Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?
Om 'n people's pleaser te wees.
Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?
'n Slagoffermentaliteit.
Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?
Eerlikheid, onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. Hulle is my ondersteuningsnetwerk ('cause it takes a village!)
Wie is jou grootste (fiktiewe) held?
Wonder Woman.
Wie is jou gunstelingskrywer(s)?
Dr. Daniel Amen.
Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?
Jesus.
Wie is jou helde in die ware lewe?
My pa, Derick.
Watter lewende mens bewonder jy die meeste?
Dana Obleman.
Wat dink jy is die mees oorskatte deug?
Talent. Dit verg meer as net talent om jou drome te bewaarheid.
Wanneer vertel jy leuens?
Wanneer ek myself probeer oortuig dat dit nie ongesond is om "in karakter" te smul aan lekkernye nie!
Watter woord of frase gebruik jy te veel?
"Mos."
As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?
Dat ek nie so lief vir tjoklits is nie!
Wat is jou gunstelingname?
My byname, Rykie of Sproetjies.
Hoe sal jy graag wil sterf?
Met geen spyt, met die wete dat ek een lewe gehad het, en dit ten volle benut het.
As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?
'n Contortionist! Dit moet ongelooflik wees om dit met jou lyf te kan doen!
Wat is jou motto?
Ek is verantwoordelik vir my eie geluk.















