Sielsdinge

Stephan Joubert: Ons is g’n ‘nobodies’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Erla Diedericks)

"Somebody is born . . . Somebody learns to conform. Somebody gets a job. Somebody follows orders . . . And then, eventually, Somebody dies. And, a Nobody is buried," skryf Mokokoma Mokhonoana in The Confessions of a Misfit. Hierdie vrees vir 'n onbeduidende lewe is vir vele 'n werklikheid. Daar bestaan selfs 'n Engelse afkorting hiervoor, FOBI (fear of being insignificant). Niemand wil eintlik daardie agterstevoor trappe van vergelyking agterna leef van gemiddeld tot middelmatig tot onopvallend nie. Niemand wil uiteindelik 'n nobody wees nie. Niemand hoef ook nie.

Een saak wat die Bybel oor en oor leer, is dat elke mens groot waarde vir God het. Ons is nie maar net nommers op 'n hemelse inventaris vir Hom nie. Of deel van 'n gesiglose massa nie. God het ons na sy beeld geskep. Ook het Hy ons herskep deur Jesus. Ons menings oor onsself, of dié van ander, het nooit die laaste sê nie. Ons lewe maak saak voor God . . . vir altyd! Nie een van ons is 'n nobody in sy teenwoordigheid nie

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. - Psalm 139:13, 14 en 16

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM