Sielsdinge

Stephan Joubert: Praat en luister reg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Toe okkupeer 'n onbekende persoon die passasier neffens my in die vliegtuig. Ongevraagd moes hy (en ek) luister na die vreemdeling se indrukwekkende familiegeskiedenis, neurotiese skoonfamilie en suksesvolle lewe­. Te midde van raad wat kwistig uitgedeel is, is ons ook bekend gestel aan allerlei "Bybeltekste" wat nie in my Bybel staan nie.

Terwyl ek dit ongevraagd aangehoor het, het my hart uitgegaan na almal wat uitgelewer is aan individue in hul familie, werk of kerk wat sulke monoloë gedurig op almal binne hoorafstand loslaat.

Ek dink nie 'n mens loop met jou lewe op jou mou rond tussen onbekendes nie. Ook dink ek dis oukei vir die Here as jy gereserveerd of teruggetrokke is. Dit maak jou nie minder geestelik as die res nie. Goeie geestelike maniere is om te weet jy moet eers die reg verdien om jou lewensverhaal met ander te deel en om ook deel van hulle s'n te mag wees. Jy stoomroller nooit bo-oor ander mense met jou eie stories nie. Reg praat én reg luister is 'n vergete maar steeds 'n verpligte geestelike vaardigheid

By 'n oorvloed van woorde bly oortredings nie uit nie; maar wie sy lippe in bedwang hou, is verstandig.Selfs 'n sot wat stilbly, word as wys beskou, as verstandig, wanneer hy sy lippe dighou. - Spreuke 10:19 en 17:28

.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM