Opruimingswerk aan die Augrabies Intermediêre Skool in die ZF Mgcawu-distrik, Noord-Kaap, sowel as die aflewering van vyf mobiele klaskamers en meubels sal die week aanvangs neem.
Abraham Vosloo, LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, het Maandag die skool besoek.
Dit volg nadat ’n verwoestende brand op 16 Januarie by die skool uitgebreek het.
Nege klaskamers en die administrasieblok is totaal vernietig.
Kantoortoerusting en belangrike skoollêers is ook in die voorval verlore, het Netwerk24 berig.
Meeste van die skool se leerling en personeel is reeds huis toe met die uitbreking van die brand.
Die departement het in ’n plasing op Facebook gesê hulle het gebeurtlikheidsplanne in plek om leer en onderrig te normaliseer.







