Toets

DELETE ASB

Verskeie betogings reeds in Gauteng onderweg

Maandag is daar reeds verskeie optogte oor Gauteng heen aangemeld in aanlop tot verwagte betogings teen onwettige immigrante Dinsdag.

In Germiston aan die Oos-Rand is ’n optog in Queenstraat aangemeld. Mense betoog ook op Dane-weg in die Rabie Ridge omgewing en beweeg in die rigting van Allandale-weg, volgens beskikbare inligting.

Volgens die Gautengse gesamentlike operasionele komitee (JOC) is daar verdere betogings in Jabulani, Crown Mines, Benoni en Pretoria-Wes.

Daar is ook ’n groot saamtrek in Soweto onderweg.