Toets

Moet nie publiseer

M. Schoeman, Strand

Die boere is kwaad vir John Steenhuisen en veral die Kapenaars is kwaad vir Geordin Hill-Lewis. Hulle is kwaad vir ’n mens en nou gaan hulle glo nie meer vir die DA stem nie. Het jy in die verlede vir ’n mens of party gestem? Dit gaan mos daarom of jy jouself vereenselwig met die party se doelstellings en nie die mens nie. As ons ons stemme so verdeel, dan maak ons dit net makliker vir die ANC om in beheer te bly. As mense in die Wes-Kaap nou weghardloop van die DA, dan moet julle nie huil as die DA, wat gesorg het dat Kaapstad, wat die bes bestuurde metro is, hierdie status gaan verloor nie. Moenie vir ’n mens stem nie; stem vir die party wat die grootste kans het om die ANC te verslaan.