Toets

SA is amptelik van die sogenaamde gryslys af

Suid-Afrika is amptelik van die sogenaamde gryslys verwyder.

Die internasionale Finansiële Aksietaakmag (FATF), waghond oor geldwassery en die finansiering van terreur, het Vrydagmiddag dié verwikkeling bevestig ná afloop van sy volle sitting van lidlande in Parys vandeesweek.

Suid-Afrika is in 2023 op die gryslys geplaas nadat die FATF nie genoegsame bewyse kon bekom dat die land genoeg doen om geldwassery te takel en bekamp nie.

Nadat Suid-Afrika egter die afgelope twee jaar 40 remediërende take, asook wesenlike bewyse van vordering getoon het, het die FATF besluit om die land van die gryslys af te haal.

* Volg Netwerk24 vir meer later.