GRAFIKA: Só werk die stemproses

Geregistreerde kiesers kan in die nasionale en provinsiale verkiesing by enige stempunt landwyd stem, maar as jy by 'n stempunt buite die provinsie stem waarin jy geregistreer is, kan jy net jou kruisie in die nasionale verkiesing trek.

Neem jou ID-slimkaart, groen strepieskode-ID-boekie of tydelike ID-sertifikaat saam.

Die kiesbeampte by die stempunt sal nagaan of jou naam op die kieserslys verskyn. As jy nie op die kieserslys is nie, maar 'n bewys het dat jy geregistreer het (byvoorbeeld 'n registrasieplakker), moet die voorsittende beampte die bewys van registrasie geldig verklaar.

As hy of sy tevrede is met die bewys moet jy 'n VEC4-vorm in die geval van die nasionale verkiesing of 'n MEC7-vorm in die geval van die munisipale verkiesing invul, waarna jy toegelaat sal word om voort te gaan soos 'n gewone kieser.

Sodra die kiesbeampte tevrede is dat jy die korrekte ID het en 'n geregistreerde kieser is wat nie reeds gestem het nie, word jou naam van die lys afgemerk, jou ID gestempel en ink op jou duimnael aangebring.

Hierna stempel die kiesbeampte die agterkant van die korrekte getal stembriewe, een per verkiesing, en oorhandig dit aan jou.

Jy gaan trek dan jou kruisie in die stemhokkie op die stembriewe wat jy ontvang het en plaas dan jou stembrief in die stembus.

As jy fisiek of gesiggestremd is, kan jy vra dat iemand jou by die stempunt help. Die voorsittende beampte kan jou ook help om jou stem uit te bring, maar 'n waarnemer en indien beskikbaar, twee agente van verskillende partye, moet teenwoordig wees.

As jy die stembrief verkeerd gemerk het en dit besef voordat jy dit in die stembus sit, vra die voorsittende beampte vir 'n nuwe stembrief. Maak seker dat die verkeerde stembrief as "gekanselleer" gemerk is. Sodra jou stembrief in die stembus is, kan dit nie verwyder word nie.

* Bron - OVK-webwerf

Bron: OVK
Bron: OVK

SPELETJIES VANDAG

CTA