As jy Woensdag jou kruisie getrek het om in die verkiesing te stem, kan jy hier en daar 'n winskopie raakloop.
Verskeie winkels, restaurante en dienste bied Woensdag afslag of winskopies aan vir mense wat kan wys dat hulle gestem het.
Die taxidiens Uber bied afslag van R25 aan op alle ritte na en van stemlokale. Uber-gebruikers kan die kode VOTESA19 intik wanneer hulle 'n rit bestel om van dié aanbod gebruik te maak.
By Nando's kan kiesers 'n kwart hoender, skyfies en 'n broodrolletjie vir R25 koop, en by Checkers is boereworsrolletjies teen R15 te koop.
Steers het stemmers verseker dat sy Wacky Wednesday-aanbieding steeds geldig is op verkiesingsdag.
By Wimpy kan kiesers 'n gratis koffie kry.















