Verkiesings 2019

Verkiesing 2019: Vandag se stories

Die tyd raak min tot 8 Mei wanneer die land stembus toe gaan en die volgende regering verkies. Hier is watvandag alles op die verkiesingsfront gebeur het:

Stemdag: Laaste gebruik van skandeer-masjiene

Vanjaar is die laaste keer dat die Verkiesingskommissie (OVK) ID-skandeermasjiene sal gebruik by verkiesings. Nuwe tegnologie sal vir toekomstige verkiesings aangekoop word, sê Glen Mashinini, nasionale OVK-hoof.

Hattingh groet politiek met 10de Twee Oseane-medalje

Die 70-jarige Chris Hattingh, 'n DA-lid in die nasionale raad van provinsies in die nasionale vergadering, het Saterdag sy tiende Twee Oseane-wedloop oor 56 km in Kaapstad voltooi en só gekwalifiseer vir sy permanente blou nommer (5797).

Chris Hattingh (70) Saterdag in aksie in die Twee Oseane-wedloop oor 56 km in die Kaap.
Chris Hattingh (70) Saterdag in aksie in die Twee Oseane-wedloop oor 56 km in die Kaap.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM