2024

ANC hou deur oop vir MK en EFF

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

ANC-lede het nog die afgelope week die deur oopgehou vir samewerking met sowel die EFF as MK, verneem Rapport.

Die EFF het volgens ANC-bronne Woensdag die party laat weet hulle is bereid om van hul eise te temper om by die regering aan te sluit. Daar was Vrydag 'n bilaterale vergadering tussen die twee partye in Johannesburg, waar die EFF-leiers weer benadruk het dat hul slegs by die regering sal aansluit mits die DA en die VF Plus uitgelaat word.

Ook MK, wat Ramaphosa se kop eis voordat hulle bereid is om met die ANC in 'n regering saam te werk, het toenadering gesoek. Hulle het glo laat weet hul eise kan verdeel word in kort-, medium- en langtermyndoelwitte. Daardeur sou Ramaphosa vir eers as president kon aanbly in 'n regering wat met MK se hulp gevorm word. - Antoinette Slabbert

CTA