Verkiesings 2024

FOTO'S | ‘So plesierig soos altyd’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Terwyl sommige Kapenaars ure lank in rye moes staan en wag om uiteindelik te stem, het ander Woensdag geen probleme gehad nie, en vir hulle het alles glad verloop. Van dié mense sê hulle het vir verandering in die land en vir die toekoms van hul kinders gestem. Ander het weggebly omdat hulle kwaad is oor die toestand van die land. Stefani Terblanche en Theo Jeptha het in die middestad met kiesers gepraat oor hul ervarings Woensdag op stemdag.

Isaac Arendse (31) en Usher Ernest (28) is twee Rastafariërs wat weens geloofsoortuigings nie gestem het nie. "Die politieke partye is boonop korrup. Hulle bou nie huise wanneer hulle sê hulle gaan huise bou nie. Hulle is fake met leë beloftes," het Ernest gesê. "Daar was ook nog nie 'n party wat die wêreld reggeruk het nie. So ek stem nie." Arendse sê sy voorouers was Khoisan en die beloftes wat aan hulle gemaak is, is steeds nie nagekom nie. "Daar was sweet words en promises oor huise en werk vir die mense."

Karin Lipari en Alison Snyders is bekend as die susters van Adderley se blommemark. "Ek het in Retreat gestem en die lyne was nogal nie lank nie. Ons is bly om te stem. Dis important, want as jy nie vote nie, dan het jy nie 'n stem nie, dan kan jy nie complain oor dinge wat gebeur nie," het Snyders gesê. Lipari het in Grassy Park gestem. "Toe ons daar aankom, was die rye verskriklik lank. Dit was 'n goeie opkoms. Ons wil verandering sien. Ons is so moeg vir die korrupsie. Ons is moeg vir die killings. Dit moet nou stop."

Tracy Pretorius (53), wat by die departement van binnelandse sake werk, sê daar was glad nie 'n ry in Plumstead nie. Sy het gestem omdat sy wil hê dinge in die land moet verander. "Ek het twee seuns wat werkloos is. Dit was 'n gesukkel om hulle by 'n kollege in te kry en nou sukkel hulle met hul grade om werk te kry."

Misqah Fredericks (28), wat by 'n stalletjie in die blommemark werk en van die Bo-Kaap kom, sê sy het nog nooit gestem nie. "Dit klink seker sleg, maar ek het dit nog net nie interessant genoeg gevind om te gaan stem nie."

Morné Botha (45), 'n inligtingsbestuurder by 'n afdelingswinkel, het in Sunningdale, Blouberg, gestem.  "Ek het 'n taamlik goeie ervaring gehad. Ek was vroeg by die stemlokaal en was dertigste in die tou. Ek stem met die hoop dat my seun 'n beter Suid-Afrika in die toekoms sal kry."

  • Stefani Terblanche is 'n Netwerk24-beursjoernalis.
Stefani Terblanche en Theo Jeptha

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM