Verkiesings 2024

KYK | SA se grappies oor verkiesingsuitslae

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Terwyl Suid-Afrikaners asem ophou oor die finale uitslae van die nasionale verkiesing, het talle oudergewoonte op sosiale media grappies gemaak oor wat tot dusver bekend is.

Die gespottery sentreer grootliks rondom die aanname dat beurtkrag binnekort gaan terugkeer aangesien die verkiesing tot 'n einde gekom het.

Mense het hul elektriese ligte en gasstofies uitgehaal en gesê dit is tyd dat dit weer reggesit word, want hulle is oortuig beurtkrag kom ná die verkiesing terug.

'n Grappie wat gedeel is deur Gcina Wandile Zwane op Instagram waar hy die spot dryf met ANC-beloftes.   Foto: Instagram/Gcina Wandile Zwane
'n Grappie wat gedeel is deur Gcina Wandile Zwane op Instagram waar hy die spot dryf met ANC-beloftes. Foto: Instagram/Gcina Wandile Zwane
Die akteur Ryan Smith skeer die gek en sê hy gaan sy CV in die stembus gooi vir 'n werksgeleentheid. Foto: Instagram/Ryan Smith
Die akteur Ryan Smith skeer die gek en sê hy gaan sy CV in die stembus gooi vir 'n werksgeleentheid. Foto: Instagram/Ryan Smith

https://www.instagram.com/reel/C7hQQ5jtoj1/?utm_source=ig_web_copy_link

Daar is ook wydverspreide verbasing oor hoe goed oudpres. Jacob Zuma se MK-party vaar in ag genome dat die minder as 'n jaar oud is.

Daar is baie gelag oor hoe een EFF-stem in 'n stadium in die Orania-distrik verklaar is. Mense het video's gedeel van 'n man wat op die ontslape kwaito-sanger Mandoza se lied "Nkalakatha" dans en het gespot dat dit hy is wat so gestem het.

https://x.com/_IamHarold/status/1796187982526923151?t=MQPcgyBEzxGgWBwZ6GEipg&s=08

Daar is ook 'n video van 'n dansende man in khaki-klere met rooi sokkies aan wat kastig die moontlike EFF-ondersteuner kan wees.

https://x.com/shoes112345/status/1796225387187376211?s=48

Die kiesers in die Oos-Kaap het veral houe gevat en mense het bevraagteken hoe dit gebeur het dat die ANC ongeveer 63% van die stemme in dié provinsie kon kry.

"Julle het nie eers paaie nie, wat nog te sê van water en sanitasie," sê Dimitri Noble, bekend as Dimitri Unfiltered, met 63 000 volgelinge op Facebook. "Hoe kon julle, van alle mense? Dit was julle kans en dit is wat julle besluit om te doen?

"Die Oos-Kaap dink julle stem nog vir Nelson Mandela."

https://www.facebook.com/reel/973960614130631

https://www.instagram.com/reel/C7mJZwpowKP/?utm_source=ig_web_copy_link

Dumisa Sakwe het 'n video met sy 125 000 volgelinge op Instagram gedeel waarin hy spot dat die mense van die Oos-Kaap oor die regering kla.

"Ons skole is 'n gemors, kinders het nie boeke nie, geen stoele om op te sit nie. Die onderrigstelsel is swak," sê hy. Dan sê hy sodra dit stemdag is, sê hulle: "Ek stem vir die geel party, sedert 1994."

https://www.instagram.com/reel/C7mRn7GIrCS/?utm_source=ig_web_copy_link

https://www.instagram.com/reel/C7mm7hloegw/?igsh=czFvdHhlYXQwMmRu

Die EFF se swak vertoning en MK se geluk het ook wyd reaksie ontlok. "Die EFF verloor sy derde posisie aan 'n party wat gister opgedaag het? As ek hulle was, sou ek vir 40 dae en 40 nagte so geskree het," het RealityPale op X geskryf en 'n video bygevoeg van 'n meisie wat gil.

https://x.com/RealityPale/status/1796805072782753947

Daar is ook gespot met die ANC en hoe hy "sukkel om vas te klou aan sy meerderheid". Die sosialemedia-duo Josh and Caroline, met 116 000 volgelinge, het 'n video geplaas waarin hulle die gek skeer en Suid-Afrika se bootjie sink terwyl die ANC probeer vasklou.

https://www.instagram.com/reel/C7ikkppMkHP/?igsh=cnplcHF6dWZqZXpz

https://www.instagram.com/reel/C4IqsaHI8uy/?utm_source=ig_web_copy_link

Daar was ook heelwat spottery oor "korrupte leiers" en hulle laaste dag in beheer. Die komediant McJoel W. Cudjoe het 'n video met sy 306 000 volgelinge gedeel waarin hy homself indink wat die gedagtes is wat deur so 'n korrupte leier se kop gaan.

"Die tyd gaan so vinnig wanneer 'n mens 'n sagte lewe leef. Dink net hoe baie geld sou ek kon steel met nog vier jaar. 'n Minuut van stilte vir elke onskuldige persoon wat hul lewe verloor het toe hulle my probeer ontbloot het," sê hy in die video.

https://www.instagram.com/p/C7PXMPACItp/

https://www.instagram.com/reel/C7kDgFZqeER/?igsh=MXY3OGk3Nmg4Y3FnMA%3D%3D

Gcina Wandile Zwane, nog 'n gebruiker, het 'n video van 'n man wat dans vir sy 15 000 volgelinge opgelaai. Daarby het hy geskryf dat hy steeds homself geniet, want maak nie saak wat gebeur nie, ons nasie sal weer eens in die sop wees.

https://www.instagram.com/reel/C7UaXA6I7db/?utm_source=ig_web_copy_link

https://www.instagram.com/reel/C7byeNzoZ_G/?utm_source=ig_web_copy_link&igsh=MzRlODBiNWFlZA==

Mense het ook die spot gedryf met die getal partye op die stembrief. Ray Ray het 'n video op Instagram waarin sy 'n lys probeer voorlees met al die partye, maar uiteindelik die alfabet opsê.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM