Politiekepartye

BLITSGIDS: Vryheidsfront Plus

Die party is op 4 Maart 1994 in Pretoria gestig. Altesame 27 politieke partye het voor die demokratiese verkiesing in April 1994 aan die Kempton Park-onderhandelinge deelgeneem.

Die Vryheidsfront is in dié tyd onder leiding van genl. Constand Viljoen gestig en die party het 'n akkoord met die ANC gesluit.

Die Vryheidsfront, wat destyds skaars 'n maand oud was, het die vierde meeste aantal stemme in die verkiesing behaal naas die ANC, NP en IVP. Die party het ook in die eerste politieke termyn aktief deelgeneem aan die skryf van Suid-Afrika se nuwe Grondwet.

In September 2003 kort voor die 2004- nasionale en provinsiale verkiesing het die Konserwatiewe Party en die Afrikaner-Eenheidsbeweging hulle by die Vryheidsfront geskaar, waarna die party as die Vryheidsfront Plus bekend staan.

Die party het op 31 Augustus 2013 'n nuwe embleem en herbewoorde missie bekend gestel.

Bron:vfplus.org.za

KONTAKBESONDERHEDE

Webtuiste: vfplus.org.za

Telefoonnommer: 012 665 0564

E-pos: info@vf.co.za

Facebook:@VFplus

Twitter: @VFPlus

Straatadres: Highveld Office Park, Blok 8, Charles de Gaulle-singel 11, Centurion

VORIGE VERKIESINGS

1999-verkiesing: 0,80% (3 setels)

2004-verkiesing: 0,89% (4 setels)

2009-verkiesing: 0,83% (4 setels)

2014-verkiesing: 0,90% (4 setels)

PARTYLEIER: DR. PIETER GROENEWALD

Dr. Pieter Groenewald Foto: ARGIEF
Dr. Pieter Groenewald Foto: ARGIEF

Dr. Petrus Johannes "Pieter" Groenewald is op 27 Augustus 1955 gebore. Hy het aan die Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom gematrikuleer en ná skool sy militêre opleiding aan die Berede-sentrum in Potchefstroom voltooi.

Hy het 'n B.luris-graad aan die Potchefstroomse kampus van die deesdae se Noordwes-Universiteit, ook 'n nagraadse diploma in kommunikasiekunde, gevolg deur 'n meestersgraad in bestuur en ontwikkeling en later 'n doktorsgraad in politiek behaal.

Bron: www.vfplus.org.za / People's Assembly