Aktueel

David Kramer se vrou sterf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
David Kramer se vrou, Renaye. (Facebook/David Kramer)

Die musikant, dramaturg en sanger David Kramer se vrou, Renaye, is vandeesweek onverwags dood.

Die 75-jarige Kramer het Woensdagoggend op Facebook die nuus bekend gemaak dat Renaye Dinsdag dood is, en het vir privaatheid vir hom en hul twee dogters, Jesse en Amy, gevra terwyl hulle rou. Kramer het nie die oorsaak van Renaye se dood bekend gemaak nie. Netwerk24 het voorheen berig dat die twee mekaar in die 1960’s op skool in Worcester ontmoet het, en dat hulle getrou het nadat Kramer weermag toe is en in Leeds, Engeland, tekstielontwerp gaan studeer het.

Renaye was baie agter die skerms betrokke by die sakegedeelte van Kramer se produksies, en het dikwels ook die rol van vervaardiger en bemarker gespeel.

Kramer sê op Facebook dat hulle binnekort ’n datum vir die viering van Renaye se lewe sal bekend maak.

Die ikoniese foto van Taliep Petersen en David Kramer wat agt dae voor Petersen se dood deur die fotograaf Sharief Jaffer geneem is. Jaffer was een van die gaste wat Dinsdag genooi is toe Petersen en Kramer die Vryheid van die Stad Kaapstad gekry het. Jaffer sê hy en Petersen is albei op 15 April gebore, Petersen in 1950 en Jaffer in 1953. Hulle het so om die draai van mekaar gebly en het mekaar sedert hul jong dae geken.
David Kramer is ’n bekende Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, dramaturg en aanbieder van musiekblyspele. (Foto: Sharief Jaffer)
Opleiding en begin van loopbaan

Hy ontvang sy volle skoolopleiding op sy geboortedorp en matrikuleer aan Worcester Boys High School. Na skool verrig hy sy een jaar verpligte militêre diensplig. Op skool verwerf hy ’n beurs van die Departement van Waterwese weens sy prestasies in Wiskunde en Wetenskap, maar hy wys hierdie geleentheid van die hand. Sy plan was eers om siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Port Elizabeth te studeer, maar hy besluit eindelik op tekstielontwerp. Die maatskappy Hextex op Worcester bied hom ’n beurs aan, wat hy gebruik om vanaf 1971 tekstielontwerp aan Leeds University in die Verenigde Koninkryk te bestudeer. Hier behaal hy ’n B.A. Honneursgraad in 1974.

Die geskiedenis van David Kramer

(27 Junie 1951 –)

Hy is ‘n bekende Suid-Afrikaanse:

  • sanger,
  • liedjieskrywer,
  • dramaturg,
  • en aanbieder van musiekblyspele.

Kramer is veral bekend vir sy unieke gebruik van Kaapse Afrikaans in sy werk. Hy lewer, tesame met Taliep Peterson, ook ‘n groot bydrae tot die Afrikaanse musiekblyspele.

David Kramer
David Kramer (Foto: Jesse Kramer)