Sol Plaatje: Kommer oor bestuurder al 6 maande met verlof is
Winston Mohayi, die Sol Plaatje-munisipaliteit se begrotingsfasiliteit vir infrastruktuur bestuurder, is reeds ses maande nie op kantoor nie.
Sol Plaatje Universiteit: 2 senior rugbyafrigters weer in hof oor ‘aanranding’
Johnathan Francke en Joseph Molale het die week vlugtig in die hof verskyn en die saak is vir ’n voorverhoorkonferensie uitgestel.
Polisievrou van Kimberley ontvoer, rand 2 glo aan ná inbraak by haar huis
Die twee jong mans is na bewering Sondag by hul huise in Homevale ontvoer, in ’n polisievangwa gestop en daarna glo ure lank met houtvoorwerpe gemartel.
Waterverlies in munisipaliteit: ‘Wow,’ sê MRK-bestuurder
Waterverliese van 70%, slegs 30% van huishoudings wat toegang tot water het en sowat 33 nedersettings wat geen toegang tot enige basiese dienste het nie, is van die skokkende feite wat voor die Menseregtekommissie (MRK) se ondersoek na swak dienslewering in die Noord-Kaap aan die lig gekom het.
Nóg Noord-Kaapse munisipaliteite bieg voor MRK oor skendings
Nóg Noord-Kaapse munisipaliteite wat voor die MRK verskyn het, het te kenne gegee dat hulle skuldig is aan menseregteskendings.
‘Ons is skuldig’, erken nog ’n NK-munisipaliteit oor skending van menseregte
Nog ’n Noord-Kaapse munisipaliteit het aan die Menseregtekommissie (MRK) toegegee dat hy hom aan menseregteskendings skuldig gemaak het.
Khoi- en San-leiers suig steeds aan agterspeen – VF Plus
Terwyl Nguni-gemeenskappe soos die Xhosas en Zoeloes voordele geniet onder bestaande wetgewing, suig Khoi- en San- tradisionele leiers ná 30 jaar steeds aan die agterspeen.
Erge donderstorms kan dele van Noord-Kaap, Vrystaat tref
Erge donderstorms kan dele van die Noord-Kaap en Vrystaat Maandag tref.
Sol Plaatje-raad: DA nader minister oor munisipale bestuurder
Die DA in die Noord-Kaap gaan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake nader om die tydelike oorplasing van Busisiwe Mgaguli na die pos van waarnemende munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit te ondersoek.
Oorskot van voorouers teruggegee: ‘Dit bring ons groot vrede’
“Dit was ’n emosionele oomblik toe ons voorouers se oorskot uiteindelik uit Skotland by die lughawe in Kaapstad aankom. Nou kan hulle in vrede rus.”









