SA se langsdienende raadslid met ereburgerskap vereer
Die langsdienende raadslid in Suid-Afrika het die eerste ereburgerskap van die Kaap Agulhas-munisipaliteit se munisipale raad ontvang ter erkenning van sy buitengewone nalatenskap van openbare diens.
Name bekend van 2 studente wat by Victoriabaai verdrink
Luidens die verklaring het die universiteit vyf van sy studente in net drie weke aan die dood afgestaan.
Groot ontwrigting toe vragmotors bots in Kaaimanspas
Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat twee vragmotors Sondag reg van voor in die Kaaimanspas buite George gebots het en verkeer erg ontwrig is.
Vermiste stapper (74) se lyk gekry
Volgens inligting was Hermie van Zyl die laaste keer gewaar uit die rigting van die Heuningbos-hut op pad na die Sleepkloof-hut in die natuurreservaat.
Sedgefield: Hofbevel toegestaan om grondbesetters te verwyder
’n Interdik is aan die Knysna-munisipaliteit toegestaan om onwettige grondbesetters te verwyder van ’n munisipale eiendom in Smutsville, Sedgefield, wat vir behuising geoormerk is.
Louis Massyn met spesiale Spirit of Comrades-prys vereer
“Hoenderveloomblikke.” Só het Louis Massyn die gevoel beskryf toe hy met ’n Spirit of Comrades-prys vereer is.
Soektog na vermiste stapper in Tsitsikamma Maandag voortgesit
Reën en koue het Sondag ’n stokkie gesteek voor die voortsetting van die soektog na die 74-jarige stapper van Langebaan aan die Weskus wat byna ’n week gelede op ’n staptog in die Tsitsikamma-gebied vermis geraak het.
Eeufeesjaar van Afrikaans as amptelike taal luisterryk afgesluit
Die eeufeesjaar van Afrikaans as amptelike taal is Saterdag op ’n luisterryke wyse afgesluit met ’n feesmark en makietie wat Afrikaans Amptelik 100 saam met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aangebied het.
Oud en jonk in die wolke op Kaapstad se Internasionale Vlieërfees
Vlieërgeesdriftiges van oral ter wêreld het die naweek vir die jaarlikse vlieërfees in die Moederstad saamgetrek.
Breër Maalgaterivierbrug in die Tuinroete maak dié roete nou veiliger
Die brug is teen ’n koste van R55,9 miljoen verbreed en die projek is afgehandel nadat ’n nuwe kontrakteur in 2024 aangestel is.









