Curriebeker-sege span kroon op Zane se uitsonderlike seisoene
Griekwas se Curriebeker-oorwinning span die kroon op minstens twee uitsonderlike rugbyseisoene vir die senter Zane Bester.
Oorlogsmuseum-donkies se eerste kleinding gebore – en hy kort ’n naam
Die skattige eersteling van Cleopatra en Sarel het Saterdag in Bloemfontein sy opwagting gemaak.
Nóg goeie reën vir Vrystaat voorspel
Ná die milde reën die naweek op plekke in die Vrystaat word nog goeie neerslae vandeesweek vir die provinsie voorspel.
Kroonstadse vrou uit hospitaal ontslaan ná tref-en-trap in VSA
’n Kroonstadse vrou wat ernstige beserings in ’n tref-en-trap-voorval in Amerika opgedoen het, is Saterdag (Amerikaanse tyd) ná ’n terugslag uit die hospitaal ontslaan.
30 gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat
Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat kring steeds uit, met die getal bevestigde gevalle wat nou op 30 staan.
Minstens 4 VS-burgemeesters ‘weier om te bedank toe ANC vra’
Dit blyk minstens vier ANC-burgemeesters in die Vrystaat het na bewering die party se opdrag om te bedank verontagsaam.
UV gaan weer ’n helikopterdiens vir navorsing in die berge gebruik
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan weer vir navorsingsdoeleindes van ’n helikopterdiens gebruik maak om toegang tot die Maloti-Drakensberge en die Noordelike Drakensbergstreek in KwaZulu-Natal te vergemaklik.
Begroting besnoei: ‘VS-regering bring nie kant met bek-en-klouseer’
Volgens die departement se mees onlangse verklaring oor die huidige uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat, is daar reeds minstens 26 gevalle bevestig.
Warm tot baie warm naweek in Vrystaat en Noord-Kaap verwag
Ná ’n daling in temperature word ’n warm tot baie warm naweek in die Vrystaat en Noord-Kaapse binneland verwag.
‘Aardbewing van 4,4’ buite Burgersdorp net ‘ ’n stelselfout’
Daar was nié vroeg Maandagaand ’n aardbewing van 4,4 buite Burgersdorp in die Oos-Kaap nie.








