Bokke sal Bongi-hulle se vertonings vir Baabaas fyn dophou
Verskeie SA spelers sal Rassie Erasmus Saterdag wil beïndruk wanneer hulle vir die Barbarians teen ’n All Black-vyftiental speel.
Nieu-Seeland slaan terug, wen 3de netbaltoets teen Aussies
Die Silwervarings was ná twee groot nederlae teen Australië onder erge druk, maar het teruggebons.
Beers troef Switser in 1ste skof van nat Gravel Burn
Die Suid-Afrikaner Matthew Beers spog met die eerste skofsege in die eerste Gravel Burn-gruiswedren Sondag.
Skofwenner in Tour de France wen Ride Joburg
Die fietsryer (29) het Sondag die roete oor 97 km, wat by die FNB-stadion begin en geëindig het, in 2 uur, 37 min. en 26 sek. afgelê.
Diale lei SA netbal vir volgende vier jaar
Nou moet die werk begin, sê die nuwe netbalbaas.
Aussies se King sny soos mes deur SA kolforde
Australië waarsku sy teenstanders met ‘n spogvertoning
Taurua kry pos terug as Kiwi’s se netbalafrigter
Daar is oplaas weer vrede in Nieu-Seelandse netbal
Kaapstad-marathon: 67% van langasems wou wedloop hardloop
’n Peiling onder langasems wat Sondag aan die Kaapstad-marathon sou deelgeneem het, toon dat twee derdes van hulle – ongeag die organiseerders se veiligheidsvrese – bereid was om die pad aan te durf sou hulle die keuse gehad het.
Aussies lyk goed op dreef om reeks teen Silwervarings te wen
Australië het sy een hand op die Constellationbeker-trofee nadat hy Nieu-Seeland Woensdag in Sydney met 68-51 geklop het.
Rishabh maak terugkeer vir Indië A teen SA naasbestes
Hy het op Indië se toer na Engeland vroeër vanjaar ’n toon gekraak.









