Ons beantwoord algemene vrae wat gereeld deur ons lesers gevra word.

1. Wat kry ek alles vir die intekenbedrag?
Netwerk24 bied intekenare die beste nuus- en leefstylinhoud van die dag - soos gebeure ontvou. Heeldag lank brekende nuus, politiek, ondersoekende joernalistiek, sport, sake en persoonlike finansies, kuns en vermaak deur Netwerk24 se landwye verslagspan, asook video's, foto's, grafika, podsendings, meningstukke en ontledings deur voorste rubriekskrywers en kenners.
* LEES OOK:Meer oor ons
2. Op watter maniere kan ek Netwerk24 se aanbod geniet?
Om toegang tot Netwerk24 se volle aanbod te kry, moet nuwe gebruikers betaalbesonderhede verskaf wanneer hulle 'n profiel skep. Die eerste 7 dae is egter gratis as jy die eerste keer inteken en jy kan sommer van dag een die volle aanbod - insluitende tydskrifte, alle eksklusiewe kyk- en luisterinhoud en spesiale funksionaliteite - geniet.
Jy kan tydens jou eerste 7 dae gratis-proeftydperk voor die eerste betaaldatum sonder verpligting kanselleer deur op "Kanselleer intekening" by "My Netwerk24-intekening" onder jou profiel te klik. Slegs diegene wat nog nie voorheen ingeteken was of van die gratis proeftydperk gebruik gemaak het nie, kwalifiseer hiervoor.
Indien jy sukkel of onseker is, kontak die dienssentrum by 087 353 1300 of stuur e-pos aan diens@netwerk24.com.

3. Waar vind ek Rapport, Die Burger, Beeld en Volksblad?
Elke dag sal jy die nuus uit jou streek vind deur op die balkies van Die Burger, Beeld en Volksblad te klik. Sondae is Rapport-dag op Netwerk24 en dan word elke week se Rapport-stories ook op een plek gegroepeer wanneer jy op die Rapport-logo heelbo op jou skerm klik.
4. Kry ek afslag op Netwerk24 indien ek 'n koerantintekenaar is?
Indien jy 'n intekenaar van Die Burger is, kry jy afslag op jou intekengeld vir Netwerk24 deur jou BP-kode te gebruik om jou toegang te aktiveer. Bel die dienssentrum by 087 353 1300 of stuur e-pos na diens@netwerk24.com.
5. Watter funksies het Netwerk24?
Daar is 'n reeks funksies spesiaal vir intekenare ontwikkel om jou te help om moeiteloos ingelig te bly.
* Luister na artikels:
Netwerk24 se intekenare kan na berigte luister terwyl hulle met iets anders besig is, pleks daarvan om dit net te lees. Die bekende radio- en TV-aanbieder Sue Pyler se stem is as basis gebruik om met masjienleer 'n elektroniese stem te skep wat teks in spraak omskakel. Dis 'n wêreldeerste vir Afrikaans en Netwerk24 doen hiermee pionierswerk!
* Laai jou e-publikasies in die app af om sonder internetverbinding te lees
As jy die jongste weergawe van die app het, kan jy jou e-publikasie aflaai om later sonder 'n internetverbinding te lees. Met hierdie funksie word die inhoud van tydskrifte teen die wederregtelike verspreiding daarvan beskerm, maar dit bied ook die gerief vir intekenare om e-publikasies enige tyd, enige plek te kan lees.
* Speletjies, spesiaal vir intekenare!
Elke dag kan jy woordspeletjies soos 'n blokraai en woordblom speel, en jou slag wys met sudoku in drie verskillende moeilikheidsgrade. Vrydae kan jy jou nuuskennis met ons weeklikse vasvra toets. Onthou om ook jou vriende uit te daag! Vind dit op jou hoofnavigasie op jou rekenaar of op die "Vind als"-knoppie op jou selfoon en in die app.
* Die weer in jou streek
Die verbeterde weerfunksie laat jou nou toe om 'n weerstreek enige plek in die wêreld te kies - ideaal vir wanneer jy reis. Onthou net om die pleknaam in Engels te soek.
* Regstreekse sportdekking en -uitslae
Intekenare kan groot sportgebeure bal-vir-bal, hou-vir-hou volg danksy ons regstreekse wedstryd-funksie. Sien ook bepalings en puntelyste vir al die belangrike byeenkomste vir die volgende sportsoorte: rugby, krieket, sokker en Formule 1.
* Regstreekse finansiële aanwysers en JSE-nuus
Op die sakefront kan veranderinge in finansiële markte regstreeks gesien word, terwyl intekenare ook op die hoogte kan bly van die jongste JSE-kennisgewings.
* Boekmerk artikels om later te lees
Die lewe is besig en tyd is beperk. Die "Boekmerk"-funksie op jou rekenaar, selfoon en in die app is baie nuttig om artikels te bêre om gerieflik later te lees.
https://www.netwerk24.com/netwerk24/inligting/blitsgids-so-werk-boekmerke-20210823

6. Wat vind ek onder e-publikasies?
Onder e-publikasies kry intekenare toegang tot elektroniese weergawes van publikasies wat nog in gedrukte formaat op die rakke verskyn. Onder koerante verskyn Die Burger en Son, en onder tydskrifte sal jy die voorste Afrikaanse tydskrifte vind - Huisgenoot, SARIE, Kuier, Tuis, Weg!, Weg! Ry & Sleep en Baba & Kleuter, asook Taalgenoot en die tegnologie-tydskrif Alles.

Klik op "e-publikasies" op die hoofnavigasiebalkie op jou rekenaar of in die onderste hoofnavigasie op jou selfoon en in die app. Jy sal dit ook kry onder "Vind als" op jou selfoon en in die app. Maak seker jy het die nuutste weergawe van ons app om die jongste verbeterings en ontwikkelings te kan ervaar. Intekenare kan ook enige e-publikasie veilig binne die app aflaai om later sonder 'n internetverbinding te lees.

7. Watter kyk- en luisterinhoud is op Netwerk24 beskikbaar?
Netwerk24 is nie net jou "alles-op-een-plek"-bestemming vir die beste nuus- en leefstylinhoud nie, maar ook vir topgehalte kyk- en luisterinhoud - uniek geskep en eksklusief vir intekenare.
Dís wat jy als onder "Kyk + luister" op die hoofnavigasie op jou rekenaar, selfoon en in die app sal vind:
8. Hoekom is my weerliggings in Engels?
Ons internasionale weerverskaffer maak dit moontlik om 'n verbeterde en meer volledige weerdiens vir intekenare aan te bied. Jy kan jou weerstreke verpersoonlik deur uit 'n lang lys wêreldwye weerstreke te kies.
Dit is egter 'n onmoontlike taak om al die wêreldstreke tot in die fynste kaartafbakenings te vertaal. Hierdie is veral gerieflik wanneer jy internasionaal reis omdat jy meer as een ligging kan stel. Jou primêre weerligging sal met die weer-ikoon op alle Netwerk24-platforms aangedui word.

9. Hoe teken ek in op nuusbriewe?
Enige besoeker aan Netwerk24 kan op die nuusbriefblad registreer om gratis nuusbriewe van Netwerk24en jou gunsteling-tydskrifte te ontvang. Jy hoef nie 'n intekenaar te wees nie.
Nadat jy geregistreer het, kan jy jou keuses bestuur deur op die "My profiel"-skakel te klik op jou rekenaar wanneer jy aangemeld is of op "My nuusbriewe" te klik op die app onder "Vind als". Skakel bloot jou nuusbrief-intekening op 'n bepaalde nuusbrief aan of af.
Hou Netwerk24 ook dop vir streekspesifieke nuusbriewe wat binnekort beskikbaar sal wees.
10. Hoe kan ek die tydskrifte se blokraaie en speletjies uitdruk om op papier in te vul?
Dit is nie moontlik om bladsye van die e-publikasies uit te druk nie. Dit beskerm tydskrifte en koerante teen die wederregtelike verspreiding van hul inhoud.
Onthou egter dat jy as intekenaar elke dag nuwe digitale speletjies op Netwerk24 kan speel.
Tydskrifte
Op die dag wat 'n tydskrif-uitgawe gepubliseer word, sal jy die aflaaibare PDF met die blokraaie en speletjies op hul webtuiste onder die kategorie "Tydskrif" of "Jongste tydskrif" vind.

11. Waar kry ek die Kook & Geniet?
Dié eg Suid-Afrikaanse kosskat is nou vir die eerste keer digitaal beskikbaar - eksklusief op Netwerk24! Intekenare het toegang tot meer as 700 resepte uit dié boek waaruit daar al vir dekades lank gekook, gebak en ingelê word. Met die volledige interaktiewe resepte-indeks is enige resep net 'n klik ver. Vind dit op jou hoofnavigasie op jou rekenaar of op die "Vind als"-knoppie op jou selfoon en in die app.
KOMMENTAAR
12. Waar is my kommentaar? Waarom neem dit so lank vir my kommentaar om geplaas te word? Verskyn kommentaar onmiddellik?
Nee, dit neem 'n rukkie, veral as jou kommentaar oornag of oor 'n naweek ingekom het of as daar baie kommentare is waardeur ons moderators moet werk. Gee dit sowat 'n uur kans tydens kantoorure.
Saans ná 20:00 tot soggens 06:00 val alle kommentaar eers in die oorstaanlêer. Die vroegoggend moderator begin 06:00 deur honderde kommentare werk wat oornag ingekom het. Oor naweke kan kommentare moontlik langer in hierdie lêer bly omdat daar nie deurgaans 'n moderator aan diens is nie. Ons poog ook om die diskoers optimaal te modereer, en daarvoor het ons moderators genoeg tyd nodig om die gesprek sinvol te fasiliteer.
13. Waarom sluit julle die kommentaarafdeling op sekere artikels?
Alle artikels op Netwerk24 se kommentaarafdeling sluit ná 48 uur vanaf die berig se publikasie. Waar die diskoers onkonstruktief en afbrekend raak, sal die kommentaarafdeling summier gesluit word. Kommentaar onder Sielsdinge-artikels word gesluit om die sienings van ons gelowige en spirituele gemeenskappe te respekteer.
Huisgenoot sal slegs enkele stories oopstel vir kommentaar vir 'n beperkte tyd vanaf publikasie. Alle kommentare sal in ooreenstemming met Netwerk24 se kommentaarbeleid gemodereer word.
14. Wanneer verbied julle kommentare deur gebruikers?
Gebruikers wat herhaaldelik die kommentaarbeleid oorskry, sal gevolglik verbied word om kommentaar op ons platform te lewer. Gebruikers met kru en vulgêre gebruikersname sal dadelik verbied word. As jy dink jy is verkeerdelik verbied, of jy wil beswaar oor jou verbod aanteken, kan jy jou saak aan ons stel by sosialemedia@netwerk24.com. Netwerk24 behou die reg voor om 'n verbod op te hef of nie. Geen reaksie vanaf Netwerk24 word gewaarborg nie.

BETALING
15. Watter betaalwyses word aanvaar?
Ons aanvaar tans die volgende betaalwyses:
- Krediet-/debietkaart (slegs Visa & Mastercard)
- Debietorder vanaf bankrekening
- Apple Pay (slegs beskikbaar in die Netwerk24 iOS-app)
- Google Pay (slegs beskikbaar in die Netwerk24 Android-app)
16. Hoekom is my eerste betaling minder as die volle Netwerk24-intekening?
Afhangend van die betaaldatum wat jy gekies het toe jy vir die eerste keer ingeteken het, mag jou eerste betaling proporsioneel bereken word. Sien ons gebruikersvoorwaardes.
17. Is my betalingsbesonderhede veilig?
Ja, jou betalingsbesonderhede word veilig deur ons betalingsverskaffers, wat almal aan die Datasekuriteitstandaard van die Kaartbetalingsbedryf (PCI DSS) voldoen, vasgelê en geberg. Hierdie standaard is geskep om beheer oor kaarthouers se data te verskerp en só kredietkaartbedrog te verminder.
Besoek gerus pcisecuritystandards.org vir meer inligting.
18. Kan ek my betaalwyse verander?
Ongelukkig kan jy nie in hierdie stadium jou betaalwyse verander nie. Jy kan egter wel die besonderhede van jou bestaande betaalwyse bywerk.
Byvoorbeeld, indien jy oorspronklik ingeteken het met jou krediet- of debietkaartbesonderhede, sal jy slegs die kaart se besonderhede kan aanpas en nie toegelaat word om die debietorder te verander nie.
19. Kan ek my betaaldatum verander?
Tydens die intekeningproses kan jy een van die volgende betaaldatums kies: 1ste van die maand, 4de van die maand, 16de van die maand, 26ste van die maand, laaste dag van die maand.
Wanneer jy eers suksesvol ingeteken is, kan jy nie hierdie datum verander nie. Indien jy 'n ander betaaldatum verkies, kanselleer asseblief jou intekening, teken weer in en kies die geskikte datum.
20. Hoe werk ek my krediet- of debietkaart- of debietorderbesonderhede by?
1. Soek vir die "Betalingsbesonderhede"-oortjie in die "My Netwerk24-intekening"-deel van jou profiel.
2. As jy op die "Redigeer"-knoppie klik, sal jy dieselfde betalingsvorm sien as toe jy ingeteken het.
3. Tik die nuwe besonderhede in en klik die knoppie. Jou nuwe betalingsbesonderhede sal vir jou volgende betaling gebruik word.
Jy kan egter nie jou krediet-/debietkaartbesonderhede in jou app bywerk nie. Jy moet dit op jou skootrekenaar of jou mobiele webblaaier doen. Indien jy sukkel of onseker is, kontak die dienssentrum op 087 353 1300 of stuur e-pos na diens@netwerk24.com.
21. Ek betaal my Netwerk24-intekening met Google Pay. Hoe kan ek my intekening kanselleer?
Aangesien jou betaling deur Google gedoen word, sal jy jou intekening direk deur Google moet kanselleer deur die volgende stappe te volg:
1. Gaan na "My profiel" op die Netwerk24-app en klik op "My Netwerk24-intekening".
2. Op die "My Netwerk24-intekening"-blad, klik op "Kanselleer my intekening".
3. Die "Intekening"-oortjie sal oopmaak op jou Android-foon of -tablet.
4. Kies die intekening wat jy wil kanselleer.
5. Klik op "Kanselleer intekening".
6. Volg die aanwysings. Klik hier vir volledige aanwysings.
22. Ek betaal vir my Netwerk24-intekening met Apple Pay. Hoe kan ek my intekening kanselleer?
Aangesien jou betaling deur Apple gedoen word, sal jy jou intekening direk deur Apple moet kanselleer deur die volgende stappe te volg:
1. Gaan na "My Profiel" op die Netwerk24-app en klik op "My Netwerk24-intekening".
2. Op die "My Netwerk24-intekening"-blad, klik op "Kanselleer my intekening".
3. Die "Intekening"-oortjie sal oopmaak op jou toestel (iPhone/iPad).
4. Kies die intekening wat jy wil kanselleer.
5. Klik op "Kanselleer intekening".
6. Volg die aanwysings. Klik hier vir volledige aanwysings.
https://support.google.com/googleplay/answer/7018481?co=GENIE.Platform%3DAndroid&hl=en)
23. Ek betaal vir my Netwerk24-intekening met Google Pay. Hoe kan ek my betalingsbesonderhede bywerk?
Aangesien jou betaling deur Google gedoen word, sal jy jou intekening en betalingsbesonderhede direk deur Google moet bestuur en bywerk. Klik hier vir volledige aanwysings.
https://support.apple.com/en-za/HT202039
24. Ek betaal vir my Netwerk24-intekening met Apple Pay. Hoe kan ek my betalingsbesonderhede bywerk?
Aangesien jou betaling deur Apple gedoen word, sal jy jou intekening en betalingsbesonderhede direk deur Apple moet bestuur en bywerk. Vind volledige aanwysings hier.
https://support.google.com/googleplay/answer/4646404?co=GENIE.Platform%3DAndroid&hl=en%22
25. Ek besit nie meer 'n krediet-/debietkaart nie. Hoe werk ek die betalingsbesonderhede van my Netwerk24-intekening by?
Ongelukkig laat ons jou in hierdie stadium nie toe om jou betaalwyse te verander nie. Om na een van ons ander betaalwyses oor te skakel (bv. debietorder, Apple Pay of Google Pay), kanselleer asseblief jou intekening en teken weer in. Dieselfde geld vir Apple Pay, Google Pay of indien jy na 'n krediet-/debietkaart wil oorskakel.
Indien jy sukkel of onseker is, kontak die dienssentrum op 087 353 1300 of stuur e-pos na diens@netwerk24.com.
26. Wat gebeur as ek 'n betaling oorslaan?
Ons sal outomaties oor die verloop van 'n maand jou betaling met jou verkose betaalwyse probeer verhaal. Indien die betaling ná al die probeerslae steeds misluk, sal jou intekening opgeskort word en sal jy nie meer toegang tot betaalde intekenaarsfunksies hê tot jy weer inteken nie. Kontak die dienssentrum op 087 353 1300 of stuur e-pos na diens@netwerk24.com om jou toegang te herstel.
27. Hoe word ek 'n intekenaar van Netwerk24 as ek nie 'n kredietkaart het nie?
Netwerk24 bied verskillende betaalopsies vir nuwe intekenaars. Klik op "Teken in" en maak seker jy is aangemeld met jou e-posadres en wagwoord as jy reeds 'n profiel geskep het. Indien jy nie met 'n kredietkaart wil betaal nie, kan jy ook 'n debietorder opstel. Jy kan ook deur app-winkels binne die app inteken - Google Pay indien jy 'n Android-toestel het of deur jou Apple-rekening indien jy 'n iPhone of iPad gebruik.
28. Kan ek my betalingsbesonderhede bywerk nadat 'n betaling misluk het?
Beslis, ja! Indien jy agterkom dat jou betalingsbesonderhede verkeerd is, verval het of daar is nie voldoende fondse in die rekening nie, kan jy die besonderhede bywerk. Sien asseblief die gedeelte oor die bywerk van betalingsbesonderhede hier bo, aangesien sekere beperkings geld.
29. My intekening is opgeskort. Hoe aktiveer ek dit weer?
Jou intekening is heel moontlik opgeskort omdat ons nie betaling van jou ontvang het nie. Sien asseblief die gedeelte oor die bywerk van betalingsbesonderhede om jou besonderhede by te werk en jou intekening weer aan die gang te kry.
Neem asseblief kennis dat jy outomaties sal moet betaal vir enige uitstaande bedrae aan Netwerk24 verskuldig.
FAKTURE
30. Kan ek vorige fakture sien?
Klik op die "Fakture"-oortjie in die "My Netwerk24-intekening"-gedeelte van jou profiel om al jou vorige fakture te sien.
31. Hoe kan ek 'n afskrif van my faktuur aflaai?
In die "My fakture"-oortjie in die "My Netwerk24-intekening"-gedeelte van jou profiel, kies een of meer fakture en klik op die "Stuur fakture per e-pos"-knoppie. Die fakture wat jy gekies het, sal in PDF-formaat na die e-posadres gestuur word waarmee jy op Netwerk24 aangemeld het.
32. Kan ek my fakture na 'n ander e-posadres laat stuur?
Ons kan slegs fakture stuur na die e-posadres wat jy gebruik het om op Netwerk24 in te teken.
33. Hoekom vertoon my fakture as "Betaalbaar"?
Indien die woord "Betaalbaar" langs jou jongste gelyste faktuur verskyn, beteken dit ons het nog nie volle betaling daarvoor ontvang nie. Dit is heel moontlik weens 'n mislukte betaling met jou verkose betaalwyse. Gaan asseblief jou betalingsbesonderhede na en werk dit by indien nodig. Indien die besonderhede korrek is, maak asseblief seker dat daar wel voldoende fondse beskikbaar is.
PROMOSIES
34. Hoe werk promosie-aanbiedinge?
Algemene promosie-aanbiedings is slegs beskikbaar aan nuwe intekenare op web- en mobiele apps. Intekenare sal vir 'n beperkte tydperk afslag ontvang, waarna die normale intekeningtarief outomaties verhaal sal word, indien die intekening nie beëindig word nie.
Intekenare sal slegs 'n spesifieke promosiekode kan gebruik.
Retensie- of lojaliteitspromosies mag aan huidige intekenare gebied word op 'n spesifieke promosie-aanbod om hul intekening op 'n bestaande promosie-aanbod teen 'n nuwe prys te verleng. Dié aanbiedinge word regstreeks aan 'n spesifieke groep intekenare gebied en net dié groep kan dit benut. Die aanbod is nie oordraagbaar nie en geld net vir 'n spesifieke tydperk. Die aanbod kan net benut word terwyl 'n intekening nog aktief is en nie nadat 'n intekening gekanselleer is of teen die standaardtarief hernu is nie. Beperkings en voorwaardes rakende betaalwyses is van toepassing.
KANSELLASIE
35. Hoe kanselleer ek my intekening?
Jy kan jou intekening enige tyd kanselleer. Aan die onderkant van die skerm op jou "My Netwerk24-intekening"-blad is 'n "Kanselleer my intekening"-knoppie. Klik op die knoppie en volg die stappe om jou intekening te kanselleer. In die proses kan jy ons ook help verstaan waarom jy jou intekening kanselleer deur die opsie te kies wat op jou van toepassing is.
Jy kan ook 'n meer omvattende skriftelike verduideliking indien.
36. Sal ek steeds toegang hê tot intekenaarsfunksies nadat ek my intekening kanselleer?
Jy sal steeds toegang hê in die tydperk waarvoor jy betaal het. As jy byvoorbeeld op 1 September betaal het en op 15 September besluit om te kanselleer, sal jy tot 30 September toegang tot intekenaarsfunksies hê. As jy egter kanselleer terwyl jy 'n uitstaande balans het, sal jy nie verdere toegang daartoe hê nie.
37. Hoekom is my rekening uitstaande nadat ek my intekening gekanselleer het?
Indien jy jou intekening kanselleer terwyl jy 'n uitstaande balans het, sal die stelsel aanhou probeer om betaling te verkry vir die tydperk waartydens jy toegang tot intekenaarsfunksies gehad het.
38. Kan ek my geld terugkry?
Ongelukkig nie. Betalings is nie terugbetaalbaar nie en ons bied nie terugbetalings of krediete vir enige gedeeltelike tydperke nie. Verwys asseblief na die gedeelte oor "Sal ek steeds toegang hê tot intekenaarsfunksies nadat ek my intekening kanselleer?" om te sien hoe jou toegang tot intekenaarsfunksies geraak sal word indien jy jou intekening kanselleer.
39. Wat as ek nie 'n oplossing vir my probleem kan vind nie?
Moet asseblief nie huiwer om ons dienssentrum te kontak oor enige probleme wat jy met jou intekening mag ondervind nie. Skakel 087 353 1300 of stuur e-pos na diens@netwerk24.com.
40. Hoekom is daar advertensies op Netwerk24?
Netwerk24 se sakemodel is gegrond op twee bronne van inkomste - intekenare en advertensies. Indien ons geen advertensies op Netwerk24 toelaat nie, sal die intekenprys beduidend moet styg om volhoubaar te wees.
Uitnemende joernalistiek is duur en inkomste uit advertensies word hiervoor gebruik in aanvulling tot inkomste uit intekenare. Die beginsel is dieselfde as wanneer jy 'n koerant sou koop.
NETWERK24 OP VERSKILLENDE TOESTELLE
41. Kan ek Netwerk24 op meer as een toestel gebruik?
Ja, jy kan op meer as een toestel met jou profiel op Netwerk24 aanmeld. Maar jy mag net jou persoonlike Netwerk24-aanmeldnaam en wagwoord tydens 5 gelyktydige besoeke ("sessions") op Netwerk24 se webtuiste of app gebruik. Dit sal streng gemonitor word.
42. Is die Netwerk24-app gratis?
Die Netwerk24-app is gratis om af te laai in Google Play, Apple en Huawei se app-winkel. Jy moet egter 'n intekenaar wees om die volle aanbod te kan geniet. Jy kan ook direk deur jou iPhone-app inteken deur jou Apple-rekening of deur die Google Play-winkel op jou Android-foon.
43. Die nuwe app wil nie op my foon werk nie. Wat nou?
Die jongste weergawe van die app word nie ondersteun deur Android-weergawes 4 en 5 en iOS-weergawe 9 nie. Indien jou foon steeds een van hierdie bedryfstelsels gebruik, sal jy nie die jongste weergawe van die Netwerk24-app optimaal kan gebruik nie.
Jy sal dus die programmatuur oftewel bedryfstelsel op jou foon moet opdateer deur na die instellings ("settings") te gaan en seker te maak dat outomatiese opdaterings gestel is. Sommige toestelle is egter te verouderd om selfs met 'n opdatering optimaal te funksioneer.
In daardie geval kan jy toegang tot Netwerk24 kry deur netwerk24.com te besoek, of deur middel van jou internetsoekenjin soos Google of Safari.
* LEES MEER HIEROOR: Sê ja vir "updates": Raad met jou foon, rekenaar
44. Ek sien nie die jongste stories in my app nie.
Verfris eenvoudig die app met jongste stories deur die skerm met jou vinger af te trek.
45. Die webtuiste werk nie optimaal in my webblaaier ("browser") nie.
Die webtuiste netwerk24.com is ontwikkel om ten beste op sekere weergawes van webblaaiers te werk. Indien die webtuiste nie reg werk of vertoon nie, is dit dalk nodig om jou webblaaier se programmatuur op te dateer.
VERSTELLINGS
46. Hoe verander ek my wagwoord?
Gaan na Netwerk24 en klik op "Meld aan". Klik dan op "Herstel wagwoord". Vul die e-posadres in waarmee jy geregistreer het en jy sal 'n outomatiese e-pos van Netwerk24 ontvang om jou wagwoord te verander. Indien jy nie die e-pos ontvang nie, kyk of dit nie tussen jou gemorspos (oftewel "spam") gaan lê het nie.
47. My e-posadres het verander. Hoe kan ek dit bywerk?
Klik op die "My profiel"-skakel regs bo op die Netwerk24-tuisblad op jou rekenaar of in die onderste navigasie op jou selfoon en in die app. Verander jou inligting onder "Profielbesonderhede".
48. Hoekom moet ek my kontakbesonderhede verifieer?
Jy sal gevra word om jou e-posadres of selfoonnommer te verifieer deur op die skakel in die e-pos te klik of die 4-syfer-kode (OTP) in te tik wat jy per SMS op jou selfoon ontvang het, afhangend van jou keuse. Met jou korrekte besonderhede in ons databank, kan ons jou profiel beveilig deur doeltreffend met jou te kommunikeer wanneer jy jou wagwoord wil verander, asook oor dienste- en betalingsverwante kwessies wat intekenare raak. Dit laat ons ook toe om 'n beter diens aan ons lesers te lewer, want ons kan relevante inligting betyds oordra.
Alle kommunikasie is onderhewig aan ons Privaatheidsbeleid, Kommunikasiebeleid en toepaslike wetgewing. Indien jy nie hierdie kommunikasie wil ontvang of weer wil ontvang nie, is jy daarop geregtig om ons skriftelik in kennis te stel.

49. Hoekom is daar 'n rooi kol langs "My profiel"?
Die rooi kol langs die "My profiel"-aftreklys dui aan dat jou profiel onvolledig is. Om jou profiel te voltooi, moet jy jou e-posadres en selfoonnommer, soos hierbo aangedui, bevestig.
Jy sal steeds toegang tot inhoud hê en die webtuiste kan navigeer, al is jou profiel onvolledig.
KONTAK DIE DIENSSENTRUM
Bel die dienssentrum by 087 353 1300 of stuur e-pos aan diens@netwerk24.com.
Kantoorure: Maandag tot Vrydag 07:00 - 14:00 (vir oproepe); Saterdag en Sondag 07:00 - 11:00
OPENBARE KENNISGEWINGS OP NETWERK24
1. Wat is openbare kennisgewings?
Openbare kennisgewing-advertensies word aanlyn geplaas om die publiek in te lig oor beskikbare tenders, staats- en regskennisgewings. Hierdie kennisgewings word onder verskeie hofies gekategoriseer, soos algemene kennisgewings, boedels, verlore aktes, slopings, insolvente boedels, aannemings, ens.
2. Waar kan ek die openbare kennisgewings kry?
Openbare kennisgewings kan gevind word op die hoofnavigasiebalkie van die webtuistes Netwerk24 en News24 op jou skootrekenaar of rekenaar.
3. Moet ek ingeteken wees om toegang tot openbare kennisgewings te kry?
Nee, jy hoef nie in te teken op Netwerk24 of News24 nie, maar jy moet wel 'n geregistreerde gebruiker wees om toegang tot die openbare kennisgewings te verkry.
4. Betaal ek om op die Netwerk24- of News24-webtuistes te registreer?
Nee, registrasie is gratis en sonder enige verpligting. Indien jy nog nie op enige van hierdie blaaie geregistreer is nie, registreer sommer nou by Netwerk24 | Registreer en News24 | Sign up.
5. Kan ek porboodskappe (notifications) kry van die nuutste gepubliseerde openbare kennisgewings?
Nee, hierdie webtuistes het nie tans so 'n funksie vir openbare kennisgewings nie. Jy moet die Netwerk24- of News24-webblaaie besoek om die nuutste openbare kennisgewings te sien.
6. Kan ek openbare kennisgewings op die app lees?
Nee, openbare kennisgewings is slegs op Netwerk24 en News24 se webtuistes op jou skootrekenaar of rekenaar te sien.
7. Vir watter tydperk sal openbare kennisgewings op Netwerk24 se webblad beskikbaar wees?
Openbare kennisgewings bly vir 'n tydperk van 120 dae beskikbaar op Netwerk24 en News24 se webtuistes.
8. Moet ek plekname in Engels soek op die Netwerk24-webblad?
Ja, wanneer 'n gebruiker op soek is na 'n openbare kennisgewing op die Netwerk24-webtuiste en ligging gebruik as filter, moet Engelse name gebruik word in gevalle waar 'n plek se naam in Engels en Afrikaans bestaan. As jy byvoorbeeld Kaapstad op die Netwerk24-webtuiste soek, moet jy "Cape Town" intik om al die kennisgewings vir Kaapstad te kan sien.
9. Sal ek die openbare kennisgewing met iemand anders kan deel?
Ja, jy kan openbare kennisgewings deel deur op die "Share"-knoppie langsaan te klik.
10. As ek graag 'n openbare kennisgewing wil publiseer, vir wie kan ek kontak?
Indien jy 'n openbare kennisgewing wil publiseer, kom in aanraking met Media24:
Vir die Wes-Kaap: 087 353 1322 of Privaat@dieburger.com; en vir die Oos-Kaap: 072 430 2005 of jkleynge@media24.com.
Vir Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, Limpopo en die Vrystaat, kontak 012 485 9048 of stuur e-pos aan tanya.vanniekerk@media24.com.
11. Indien ek meer inligting nodig het, vir wie kan ek kontak?
Jy kan 087 353 1322 skakel vir hulp.




















