MA VAN DIE JAAR: BEPALINGS EN VOORWAARDES
1. Die kompetisie word aangebied deur Netwerk24, 'n produk van 24.com, 'n afdeling van Media24 Eiendoms Beperk.
2. Die Netwerk24 Ma van die Jaar-kompetisie begin op 21 Augustus om 8:00 en sluit op 17 September om middernag.
3. Skryf jouself, of jou ma/ma-figuur in deur 'n kort video te maak waarin jy duidelik illustreer hoekom jy/sy kwalifiseer as Netwerk24 se Ma van die Jaar. Net video-inskrywings word toegelaat. (sien alle inskrywings)
4. Laai die kort video-inskrywing direk op jou persoonlike profiel op Facebook, Twitter of Instagram.
Jy kan jou video ook direk aan Netwerk24 via WhatsApp op 072 970 1581 stuur. In die geval van WhatsApp-inskrywings sal Netwerk24 jou inskrywing aktiveer deur jou video op die Netwerk24 YouTube-kanaal te laai en dit te deel met die korrekte hutsmerke en deur Netwerk24 te ‘tag'.
5. Jou video-inskrywing geld slegs as jy die korrekte hutsmerke, #MavandieJaar, #Netwerk24, gebruik asook Netwerk24 ‘tag' met @Netwerk24.
6. Geen werknemer of familielede van Media24 of die borge sal in aanmerking kom vir enige pryse nie.
7. Met jou inskrywing bevestig jy dat jy die volle toestemming van die betrokke ma of moederfiguur het om haar op die bogenoemde voorgeskrewe wyse in te skryf.
8. Met jou inskrywing bevestig jy dat:
a) jy oor alle regte, insluitende intellektuele eiendomsreg en kopiereg, in en tot die die video-inskrywing beskik, wat insluit enige foto's, beeldmateriaal, musiek en klank daarin en dat, nadat dit opgelaai is, Media24 die reg gegee word om die video-inskrywing te gebruik soos in hierdie kompetisie beoog word;
b) Media24 onder geen verpligting, finansieel of van welke aard ook al, teenoor jou ten is opsigte van die gebruik, publisering en aanwending van die video-inskrywing of dele daarvan is nie.
(c) foto's/beeldmateriaal/klankgrepe van minderjarige kinders in jou video-inskrywing op Netwerk24 se digitale platforms (webtuiste, app en nuusbrief), Netwerk24 se sosiale media-netwerke en op die TV-kanaal, Via (DStv-kanaal 147) gepubliseer en uitgesaai mag word,
(d) die video-inskrywing met foto's, beeldmateriaal en klank op sosiale netwerke versprei mag word vir die beoordelingsproses.
(e) die gebruik en publikasie van die video-inskrywing of aspekte daarvan soos foto's/beeldmateriaal/klank, op welke wyse ook al, nie inbreuk sal maak op jou, die ma of moederfiguur wat ingeskryf word, en enige kinders wat moontlik in die inskrywing ingesluit word, se reg tot privaatheid nie.
(f) die foto's/beeldmateriaal na Media24 se uitsluitlike diskresie versprei en aangewend mag word vir advertensie-doeleindes en publisiteit in enige formaat.
9. Wenners sal gekies word deur 'n paneel beoordelaars van Netwerk24 en Via. Die wen-bydraes moet boeiend, visueel kreatief en ‘n sterk motivering wees. Die interaksie (likes, shares, views) met jou inskrywing deur die groter sosiale media-gemeenskap sal in ag geneem word, maar nie bepalend wees nie.
10. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
11. Netwerk24 sal wenners op die sosiale media-profiel waarmee ingeskryf is, kontak. Dit sal opgevolg word met ‘n amptelike e-pos van Netwerk24. Die wenners sal op Netwerk24 en Via aangekondig word.
12. Ons sal drie keer in besigheidsure oor ‘n tydperk van twee weke kontak met wenners probeer maak. As die wenner nie bereik kan word binne hierdie tydperk nie, sal 'n nuwe wenner deur die paneel aangewys word.
13. Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie.
14. Omdat dit kontantpryse is, sal Netwerk24 sekere persoonlike dokumentasie volgens wetgewing van wenners vereis om sodoende die prysgeld te kan oorbetaal. Media24 onderneem om geen van sodanige perrsoonlike inligting van deelnemers aan derde partye te verskaf nie. Indien 'n pryswenner nie binne twee weke ná die versoek die nodige dokumentasie aanstuur nie, behou Netwerk24 die reg voor om nié die prys toe te ken nie en 'n alternatiewe wenner te kies.
15. As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.
















