Basaarfudge (grootmaat)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

(Lewer 4,5 - 5 kg fudge)

  • 3 kg suiker
  • 560 ml (2¼ k) melk
  • 15 ml (1 e) sout
  • 2 blikke (397 g elk) kondensmelk
  • 190 g (¾ k) botter of margarien
  • 20 ml (4 t) vanieljegeursel

1. Smeer twee panne van 30 x 44 cm en hou eenkant.

2. Verhit suiker, melk en sout saam in 'n groot kastrol oor lae hitte. Roer tot suiker opge-los het en kook dan vinnig oor hoë hitte tot dit 116 ºC (240 ºF) by seevlak bereik.

3. Voeg kondensmelk stadig by terwyl versigtig geroer word. Kook weer tot 116 ºC (240 ºF) en trek af en toe die roer-lepel oor die boom van die kastrol om te voel of dit nie aanbrand nie.

4. Haal van die stoof af en laat op 'n hitte-bestande oppervlak staan tot die borrels gesak het. Voeg botter of margarien by. Laat botter smelt sonder om te roer.

5. Klits nou vinnig met 'n elektriese hand-klitser, 4 - 5 minute lank, of klop met 'n houtlepel. Hou die geursel gereed om by te voeg net voordat dit klaar geklits is. Hou op klits as die mengsel begin dik word.

6. Gooi mengsel dadelik uit in die twee ge-smeerde panne sodat dit egalig versprei.

7. Laat stol en sny in blokkies sodra dit stewig voel en nie meer sag is as 'n mens met die hand daarop druk nie.

Wenke

• Indien meer as een kooksel fudge gemaak word, gebruik dieselfde kastrol sonder om dit te was. Skraap net die kante skoon en sorg dat daar geen aanbrandsels op die boom is nie. Giet in dié geval die melk eerste in die kastrol.

• 10 ml (2 t) suurlemoensap kan saam met die vanieljegeursel bygevoeg word.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA