(Lewer 11,5 liter)
- 7 kg beesvleisskenkel, maer
- 19 liter water, koud
- 10 - 15 uie, gekerf
- 1 - 2 bosse seldery, gekerf
- 1 - 2 kg wortels, gesny
- 15 ml (1 e) peperkorrels
- 4 lourierblare
- 75 ml (5 e) sout
1. Berei skenkelbeen voor volgens metode by Donker vleisaftreksel*.
2. Bedek skenkel met koue water en verhit stadig tot kookpunt en laat dit 3 - 4 uur prut totdat die vleis loskom van die bene.
3. Voeg uie, seldery, wortels en geurmiddels ná 2 - 3 uur by.
4. Giet deur 'n sif in 'n groot emmer. Verwyder vleis en bene uit die sif en hou eenkant. Verkoel die aftreksel vinnig deur dit in kleiner houers te verdeel sodat dit nie suur word nie. Verwyder die koue vet wat bo-op vorm.
5. Maal gaar vleis en voeg weer by variasies van sop by.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT















