Beesvleisgroentesop (grootmaat)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

(Lewer 50 porsies)

Gebruik 1 kg varsgemaalde beesvleis vir 11,5 liter Beesvleisaftreksel*.

Maak 2 - 3 bossies seldery, 1 kg wortels, 1 kg uie, 500 g aartappels, 500 g ertjies en 1 kg tamaties skoon en sny op.

Braai die vleis in 'n groot sopkastrol en voeg die groente saam met 200 g (1 k) rys of 500 g lensies by.

Kook tot al die bestanddele sag is (ongeveer 1 uur).

Geur met sout en peper na smaak.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA