(Lewer sowat 50 skons)
- 2,5 kg meelblom
- 125 ml (½ k) bakpoeier
- 22,5 ml (1½ e) sout
- 625 g (2½ k) botter of margarien
- 500 g beleë cheddarkaas, gerasper
- 5 eiers, geklits
- 2,25 liter (9 k) melk
1. Voorverhit die oond tot 250 ºC (480 ºF).
2. Meng droë bestanddele saam.
3. Rasper of vryf botter met vingerpunte daarin of gebruik 'n deegsnyer tot die mengsel krummelrig is.
4. Meng die kaas by die meelmengsel. Meng al die eier behalwe 60 ml (4 e) met die melk en voeg dit by die meelmengsel. Sny die melkmengsel met 'n lang mes in die meelmengsel tot die bestanddele saamkleef. Die deeg moet nie te slap of styf wees nie en ook nie 'n gladde voorkoms hê nie.
5. Rol die deeg stuksgewys 2 cm dik uit en sny in 5 cm-blokkies of druk sirkels met 'n koekiedrukker. Verf met geklitste eier.
6. Bak 12 - 15 minute lank.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT















