(Lewer 100 porsies)
Rys
Gebruik 3 kg rou rys vir 50 mense. Verdeel die rys tussen 3 of 4 kastrolle. Gebruik 625 ml (2½ k) water vlr elke 250 ml (1 k) rys as dit nie gestoom word nie. Kook oor baie lae hitte tot gaar (ongeveer 1¼ uur). Sien aanwysings vir die kook van Rys*.
Kerrievleis
- 4 kg uie, in ringe gesny
- 10 knoffelhuisies, gekap
- 60 ml (4 e) gekapte vars gemmer
- 250 ml (1 k) olie
- 15 kg beesvleis, in blokkies gesny
- warm water
- 3 kg aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 3 kg groot wortels, geskil en in blokkies gesny
- 125 ml (½ k) sout
- 30 ml (2 e) peper
- 190 ml (¾ k) matige kerriepoeier
- 45 ml (3 e) borrie
- 60 ml (4 e) fyn komyn
- 10 ml (2 t) fyn naeltjies
- 6 stukke heel kaneel
- 10 kardemomsade, gekneus
- 125 ml (½ k) meelblom
- 125 ml (½ k) suiker (opsioneel)
- 750 ml (3 k) asyn
- 400 g vars koljanderblare, gewas en in voedsel-verwerker gekap
1. Smoor uie, knoffel en gemmer in warm olie. Hou die helfte eenkant.
2. Voeg vleis by, roer en stowe stadig, ongeveer 1½ uur lank. Voeg warm water by (tot 2,5 cm diep in die kastrol).
3. Meng al die ander bestanddele (ook die uie) behalwe die vars koljander, en voeg by vleis. Stowe tot vleis sag is (nog ongeveer 1½ uur) en roer af en toe. Voeg nog warm water by sodat dit nie droogkook nie. Roer vars koljander by voordat dit opgedien word.
4. Sit voor saam met die rys en blatjang.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT















