Snoek-brijani (grootmaat)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

(Lewer sowat 50 porsies)

  • 2,5 kg (12½ k) rys- en lensiemengsel
  • 60 g (10 t) sout
  • 5 liter water
  • 3 bossies vars koljander (dhania), gekerf
  • 750 ml (3 k) sonneblomolie
  • 1,25 kg (sowat 8) uie, afgeskil en grofgekerf
  • 750 g (sowat 6) tamaties, in skywe gesny
  • 125 g vars knoffel, fyngemaal
  • 25 kardemomsade
  • 60 heel naeltjies
  • 20 stukke kaneel of kassia
  • 40 g komynsaad
  • 9,5 kg snoek
  • 150 g vis-masala
  • 625 g botter

1. Kook die rys en lensies met 30 g (5 t) van die sout in 3 - 4 kastrolle water tot halfgaar (ongeveer 15 minute). Hou eenkant vir 30 minute en roer die varsgekerfde koljander daarin.

2. Verhit 125 ml (½ k) van die olie en soteer die uie, tamaties, knoffel, speserye en die res van die sout. Voeg water by soos nodig om 'n sous te maak en hou eenkant.

3. Verhit 250 ml (1 k) van die olie.

4. Geur snoek met vis-masala en braai (opeenvolgend) in warm olie tot gaar. Vul die olie aan soos nodig.

5. Verwyder die grate sover moontlik. Voeg gaar snoek by die uiemengsel en bedek met rys- en lensiemengsel.

6. Stippel die botter bo-oor en prut 20 minute oor matige hitte. Dien op.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA