- 15 ml (1 e) botter of olie
- 1 middelslag-ui, gekap
- 1 appel, geskil en in blokkies gesny
- 1 ferm piesang, in skyfies gesny
- 60 ml (4 e) meelblom
- sout en peper
- 15 ml (1 e) matige kerriepoeier
- 15 ml (1 e) suiker
- 30 ml (2 e) sultanas
- 500 ml (2 k) water
- 30 ml (2 e) asyn
- 30 ml (2 e) blatjang
1. Verhit die botter of olie in 'n braaipan en braai die ui, appel en piesang tot sag.
2. Meng die droë bestanddele en sultanas met die water en voeg by.
3. Kook 5 minute en roer die asyn en blatjang by.
4. Dien op oor hardgekookte eiers, frikkadelle of varkworsies.
KLIK & KOOP DIE BOEK
* TAKEALOT















