Soetsuur eiersous

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 ekstra groot eier
  • 30 ml (2 e) suiker
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 30 ml (2 e) asyn gemeng met 30 ml (2 e) water

1. Klits die eier baie goed.

2. Voeg die res van die bestanddele by en klits weer goed.

3. Verhit dit oor kokende water en klits deurentyd met 'n handklitser of draadklitser tot dit begin dik word. Klits tot die sous lig is. Die sous sal aan die agterkant van 'n lepel bly kleef wanneer dit gaar is.

4. Sit voor met gaar boontjies, uitjies of klein aartappeltjies.

Wenke

• Roer mosterd van jou keuse by en sit voor soos hierbo.

• Om in die mikrogolfoond te berei: Volg die bogenoemde metode, maar gebruik 'n mikrogolfbestande mengbak. Mikrogolf 30 sekondes, klits en mikrogolf daarna elke keer 15 sekondes totdat dit aan die agterkant van 'n lepel kleef.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA