- 4 eiers, geskei
- 45 ml (3 e) water
- 250 ml (1 k) strooisuiker
- 5 ml (1 t) suurlemoengeursel
- 22,5 ml (1½ e) mielieblom
- sowat 225 ml (7⁄8 k) meelblom
- 6 ml (1¼ t) bakpoeier
- 1 ml (¼ t) sout
- 30 ml (2 e) kookwater
- 250 ml (1 k) room, geklits
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF). Smeer twee laagkoekpanne van 22 cm in deursnee baie goed.
2. Klits die eiergele en water tot dik en liggeel.
3. Klop suiker geleidelik by en roer geursel in.
4. Skep mielieblom in 'n maatkoppie en vul dit tot bo met meelblom.
5. Sif al die droë bestanddele saam, voeg dit by die eiermengsel en meng goed.
6. Voeg kookwater by eierwitte en klits styf. Vou by meelmengsel in.
7. Skep beslag in voorbereide panne en bak 10 - 15 minute lank.
8. Laat koeke 'n paar minute in die panne afkoel en keer dan uit op 'n draadrakkie.
9. Wanneer koud, vul en versier met geklitste room.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT

















