- 125 ml (½ k) pitlose rosyne
- 125 ml (½ k) kookwater
- 10 ml (2 t) meelblom
- 15 ml (1 e) water
- 5 ml (1 t) suurlemoensap
- 1 ml (¼ t) fyn naeltjies
- 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
- 2 eiers, effens geklits
- 60 ml (4 e) melk
- 440 ml (1¾ k) meelblom
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 190 ml (¾ k) strooisuiker
- 1 ml (¼ t) sout
- 100 g (2⁄5 k) botter of margarien
- Glansversiersel*
- gekapte neute
1. Voorverhit die oond tot 190 ºC (375 ºF). Smeer 'n groot ringpan baie goed.
2. Plaas rosyne in kookwater en kook 2 minute lank.
3. Maak 10 ml (2 t) meelblom met die 15 ml (1 e) water aan en voeg geleidelik by rosyne. Roer aanhoudend tot mengsel verdik.
4. Meng suurlemoensap en speserye by en laat afkoel.
5. Meng rosyntjiemengsel met eiers en melk.
6. Sif meelblom, bakpoeier, suiker en sout saam en vryf botter of margarien met die vingerpunte daarin.
7. Maak 'n holte in die krummelmengsel en giet die rosyntjiemengsel daarin. Roer net tot alles gemeng is.
8. Skep beslag in voorbereide pan en bak 25 minute lank.
9. Keer koek uit en giet glansversiersel bo-oor. Bestrooi met gekapte neute en plaas vir nog 2 minute in die oond.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















