Blaarkorsdeeg (Flaky pastry)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 240 g (2 k) meelblom
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 190 g (¾ k) botter, yskoud
  • 125 ml (½ k) yswater
  • 10 ml (2 t) suurlemoensap

1. Sif die meelblom en sout saam.

2. Rasper die botter grof in 'n groot erde-mengbak sonder om dit vas te druk. Hou in die yskas.

3. Sif die meelblom bo-oor die botter sodat dit tussen die botterstukkies inval.

4. Meng die water en sap, voeg by en sny met 'n mes by die meelmengsel in.

5. Steek die hande in yskoue water en droog hulle goed af. Knie deeg dan liggies met die vingerpunte.

6. Plaas dit vir 15 - 30 minute in die yskas.

7. Rol die deeg uit deur dit in derdes te vou soos beskryf vir Skilferkorsdeeg* sonder om nog botter oor te strooi.

8. Rol bakpapier of kleefplastiek saam met die deeg op en bêre in die yskas tot benodig. Verpak lugdig indien dit bevries gaan word en laat oornag in die yskas ontdooi voor gebruik.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA