- 250 ml (1 k) meelblom
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 'n knippie sout
- 60 ml (4 e) botter of margarien
- 1 eiergeel
- 45 - 60 ml (3 - 4 e) yswater
1. Voorverhit die oond tot 220 ºC (425 ºF).
2. Sif meelblom, bakpoeier en sout twee keer saam.
3. Werk botter of margarien met vingerpunte of met 'n deegsnyer in tot heeltemal gemeng en tot dit soos growwe mieliemeel lyk.
4. Klits eiergeel, voeg 45 ml (3 e) van die yswater daarby en sny met 'n mes by die meelmengsel in tot net gemeng en sonder om die deeg onnodig te druk of te knie. Voeg nog water by, indien nodig.
5. Druk mengsel op die boom en teen die kante van 'n gesmeerde tertbord vas sodat dit dikkerig teen die kante en dun op die boom is. Skulp die rand rondom deur dit met die duim en wysvinger te knyp.
6. Bak sowat 10 minute blind* tot ligbruin, of vul en bak 15 minute by 220 °C (425 °F) en daarna by 180 °C (350 °F) tot vulsel gaar is.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















