Roomtertdeeg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 250 ml (1 k) sagte botter
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 250 ml (1 k) room (vars, suur of geblik)
  • sowat 750 ml (3 k) meelblom

1. Klop die botter met 'n houtlepel of elektriese klitser, voeg sout by en roer room geleidelik in tot goed gemeng.

2. Voeg meelblom geleidelik by en roer elke keer tot net gemeng. Voeg genoeg meelblom by om 'n deeg te vorm wat maklik uitgerol kan word. Bedek en laat 1 uur lank op 'n koel plek rus.

3. Rol liggies uit op 'n koue oppervlak wat met meelblom bestuif is. Sny uit of druk af in die gewenste vorms en bak 10 - 15 minute lank by 230 ºC (450 ºF).

Wenke

• Vir souttertjies, voeg 250 ml (1 k) fyngerasperde kaas met 'n skerp geur saam met die laaste meelblom by.

• Die deeg kan 2 - 3 weke in die yskas gehou word vir latere gebruik; rol die uitgerolde deeg saam met 'n laag waspapier op. Verpak lugdig in plastiek.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA