- 240 g (2 k) meelblom
- 2,5 ml (½ t) sout
- 250 ml (1 k) yskoue botter, gerasper en weer verkoel
- 15 ml (1 e) brandewyn
- sowat 175 ml yskoue sodawater
1. Sif die meelblom en sout saam.
2. Vryf die helfte van die botter liggies met koel vingerpunte by die meelblom in.
3. Voeg die brandewyn en genoeg van die sodawater by om 'n stywe hanteerbare deeg te vorm.
4. Rol die deeg reghoekig uit op 'n koue meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 5 mm dik.
5. Plaas 'n derde van die orige botter op twee-derdes van die deeg. Vou twee keer soos veduidelik in die resep vir Skilferkorsdeeg* en rol weer tot 5 mm dik uit. Herhaal die vouproses nog twee keer.
6. Laat rus die deeg 30 minute in die yskas.
7. Rol uit om twee tertborde uit te voer.
8. Bak 10 minute by 230 - 260 °C (450 - 500 °F) en verder by 200 °C (400 °F) tot die vulsel gaar is.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















