- 190 ml (¾ k) botter of margarien
- 125 ml (½ k) suiker
- 2 eiers
- 750 ml (3 k) meelblom
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) sout
1. Voorverhit die oond tot 190 ºC (375 ºF).
2. Klop botter of margarien en suiker saam tot romerig. Voeg eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.
3. Sif droë bestanddele saam en roer by geroomde mengsel in om 'n stywe deeg te verkry.
4. Rol dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak en sny soos verlang, of voer ses tertborde van 20 cm of vier tertborde van 25 cm in deursnee daarmee.
5. Bak 10 minute blind* of tot goudbruin.
6. Gebruik die tertkorse vir enige gekose soet vulsel.
Wenk
• Die gebakte tertkorse kan tot 'n week bewaar of bevries word vir latere gebruik.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















