Vanieljeroomtert

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 pak Tennisbeskuitjies
  • 125 ml (½ k) soetwyn
  • 250 ml (1 k) room, styfgeklits
  • 1 pakkie vanielje-kitspoeding
  • 250 - 375 ml (1 - 1½ k) koue melk (of soos aangedui vir kitspoeding)
  • 1 ml (¼ t) amandelgeursel
  • 5 ml (1 t) gelatien, geweek in 15 ml (1 e) koue water
  • 1 droë Tennisbeskuitjie

1. Doop Tennisbeskuitjies in die wyn en voer 'n vierkantige bak daarmee uit.

2. Klits die room styf.

3. Klits die kitspoeding, koue melk en geursel saam en as dit begin styf word, vou die room daarin.

4. Smelt die geweekte gelatien oor kookwater en laat afkoel. Meng goed met poedingmengsel.

5. Skep vulsel in bereide tertkors en rasper 'n droë beskuitjie bo-oor. Bêre in die yskas.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA