Niefiksie
Die (vreemde) einde van 'n koerant
Barnard Beukman
NALEDI, R275
Op 13 Junie 2024 het die nuus op die sakenuuswebwerf Moneyweb gebreek: Media24 gaan die dagblad Beeld, asook drie ander titels, Rapport, Daily Sun en City Press, sluit.
Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe 'n vreemde en strydige reeks gebeure om die sluiting afspeel.
Barnard Beukman probeer van die onbeantwoorde vrae beantwoord. Ook deur heelwat te onthul van wat in die gange en raadsale van Media24 en Beeld afgespeel het, en beskryf die openbare wipplankrit van ses maande om die koerant te sluit wat gevolg het.



















