
Disenige baas se grootste nagmerrie, meer so as jy in 'n hoogs kompeterende bedryfwerk. Daar moet jy die heeltyd presteer en mense in posisies beïndruk om inaanvraag te wees. In The Temp deur MichelleFrancis (Pan Books, R99) vertel sy 'n meesleurende verhaal van so drama.
Emma wil in die televisiebedryf werk ten spyte daarvan dat haar ouersdaarteen is. Wanneer sy as 'n intern by 'nproduksiehuis begin werk, voel dit asof Emma se lewe uiteindelik koers kry indie regte rigting. Carrie, 'n briljante regisseur, werk saam met haar manAdrian aan 'n nuwe reeks. Adrian is pas bekroon as een van die bestedraaiboekskrywers in die bedryf. Hulle werk is die fokus van hul huwelik enverhouding, en daarom is daar geen plek vir kinders in hul lewe nie. In 'nmededingende bedryf is die druk op hulle groot om nog 'n uiters suksesvollereeks te lewer. Wanneer Carrie onverwags swanger raak, krap dit sakedeurmekaar. Toe sy besluit om die baba te hou, moet sy noodgedwonge meer vanhaar take aan Emma afstaan. Emma is briljant en almal in die span is beïndrukmet haar vaardighede. Maar waarom voel Carrie so bedreig? Wil Emma net haarwerk hê of wil sy meer hê? Maak jou reg vir 'n verhaal waarin die kinkel aandie einde jou asem gaan wegslaan! - PhyllisGreen

Widows,Lynda La Plante (Bonnier Zaffer,R165)
DollyRawlins, Linda Pirelli en Shirley Miller se lewens word omvergewerp wanneer hulmans in 'n transito-rooftog sterf. Dolly kry 'npistool, geld en 'n gedetailleerde rooftogplan in haar man se kluis by diebank. Daar is ook 'n dossier met name, misdaadgebeure en bedrae wat Dolly laatbesef dat hy die baasbrein agter verskeie rooftogte was. Sy dossier het hom ook'n houvas op die hoofspelers van die onderwêreld gegee. Wat staan haar te doen?Sy kan die dossier aan die polisie oorhandig, of sy kan dit aan die skelm metdie grootste geldelike aanbod verkoop. Beter nog, sy en die ander twee weduweeskan Harry se beplande rooftog self uitvoer!Toe hulle die plan begin oefen, besef hulle daar moes vier mense by diemislukte rooftog betrokke gewees het vir die plan om te slaag. Maar daar wasnet drie slagoffers in die rooftog. Wie was die vierde een wat oorleef het enwaar skuil hy nou? Hulle besluit om met Harry se plan voort te gaan en oortuigdie straatslim prostituut, Bella O'Reilly, om saam met hulle te werk. Gaanhulle regkry wat hul mans nie kon nie?
Dis 'n heerlike verhaal met volop aksie enspanning. En vir 'n verandering word die hoofrolle deur vroue vertolk! - Phyllis Green

RedelikeTwyfel, Chris Marnewick (ProteaBoekhuis, R250)
CharlesMouton is 'n beroemde advokaat en alhoewel daar maar min mense is wat van sybot persoonlikheid hou, dwing hy steeds respek af. Maar wanneer sy vrou eenoggend dood in hul huis aangetref word, staan Charles se vyande reg om hul pondvleis te eis. Charles beweer hy het geen herinnering aan die aand nie en weetglad nie hoe sy vrou vermoor kon word nie. Hy is dadelik die hoofverdagte enword gearresteer. Toe hy in die hof verskyn, weier hy om homself te verdedig ofom selfs aan die hofverrigtinge deel te neem.
Waarnemenderegter Nantes Castel het 'n verantwoordelikheid om seker te maak datgeregtigheid geskied. Omdat Charles weier om regsverteenwoordiging te kry, stelNantes namens hom vir Manon Viljoen aan. Sy moet die aanklagte ondersoek omseker te maak dat daar geen redelike twyfel oor Charles se skuld bestaan nie. Disomtrent moeilik as die verdagte weier om vrae te beantwoord of enigesamewerking te gee. Die een ding waaroor Manon seker is, is dat sy vasberade isom haar werk so volledig as moontlik te doen, al word sy deur geheime agentegeboelie. Haar gevoelens vir Nantes help ook nie met haar fokus nie, want wathet nou eintlik tussen hulle gebeur?
'nVerhaal vol kinkels wat die lesers selfs aan die geheime wêreld vaninternasionale handel en seerowers blootstel. Aan die einde wonder jy hoeveelweergawes van die waarheid daar nou eintlik is? - Antoinique van Staden

Wild Fire, Ann Cleeves (Pan Macmillan, R310)
In hierdie boek plaas jy elke karakteronder verdenking - jy is nooit seker wie die moordenaar is nie tot heel aan dieeinde. Jy ontmoet vlugtig vir Emma Shearer, 'n jong kinderoppasser wat by dieMoncrieff-gesin op 'n klein dorpie woon. Sy toon geen empatie met gebeure wateen aand op die strand voor haar afspeel nie, wat haar mansvriend, Magnie Riddell,teleurstel.
Kort ná die aand op die strand word Emmadood in 'n skuur aangetref - by die huis van nuwe inwoners op die dorp. DieFlemmings het die huis pas gekoop en opgeknap.
Jimmy Perez, die plaaslike speurder, endie dokter, Robert Moncrieff, word onmiddellik ontbied nadat die Flemmings seoutistiese seun laatoggend op die lyk in die skuur afkom.
Jimmy se baas en minnares, Willow Reeves,word van ver ingeroep om te help met die moordsaak. Willow het ook haar eieagenda en moet vir Jimmy vertel hy is die pa van haar ongebore baba. Ditkompliseer die werksverhouding.
Die besige sakevrou en bekende ontwerperHelena Flemming se man, Daniel, vertel haar onverwags dat hy verlief op Emmawas. Tydens die ondersoek na die moordenaar vertel Helena ook vir Jimmy vananonieme briefies wat sy ontvang het.
Emma se kamer, in die Moncrieff-huis, wordondersoek vir leidrade wat kan help om haar moord op te los. Tydens dieondersoek kom Emma se verlede ook aan die lig. Sy kom uit slegtehuis-omstandighede en moes haar twee broers alleen grootmaak ná haar pa tronktoe en haar ma oorlede is.
Die Moncrieff-gesin toon nie te veelsimpatie met hul oppasser se dood nie en sukkel
Nog 'n moord en ontvoering op die dorpkompliseer die moordsaak. Magnie Riddell se ma word vermoor en ChristopherFlemming verdwyn. Iemand vind 'n leidraad in sy kamer - 'n sleutel tot dieoplossing van die moord. Intussen sit Willow en Jimmy koppebymekaar om die verdagte te bespreek. Hulle word egter onderbreek deur 'n wildebrand op die berg agter die Flemmings se huis. Hulle haas daarheen en betrapdie moordenaar op heterdaad, net voor 'n derde moord gepleeg word.
Hierdie boek laat jou droewig voel. Hoeweljy verlig voel oor die moordenaar wat vasgetrek word, voel jy tegelykertyd ooksimpatiek teenoor daardie karakter. Die moorde is uit desperaatheid gepleeg enjy vind ook uit dat Emma Shearer nooit die persoon was wat sy voorgegee sy isnie. - Yolandi Jordaan

Look alive 25, Janet Evanovich (Headline, R330)
Hierdie boek het 'n vinnige ritme en laatjou kort-kort lag. Stephanie Plum werk vir haar neef Vinnie wat die bestuurdervan Vincent Plum Bail Bonds is. Vinnie se skoonpa Harry the Hammer, 'ntwyfelagtige figuur, besit hierdie besigheid. Stephanie se werk is om te sorgdat die borgtogoortreders weer 'n hofdatum moet kry.
Behalwe vir die persone wat sy moetopspoor, gee haar neef Vinnie vir haar ekstra werk by 'n klein restaurant watHarry the Hammer oorgeneem het. Stephanie word as bestuurder aangestel en Lula,haar werkskollega by Vincent Plum Bail Bonds, moet help. Wat Stephanie egternie weet nie, is dat hierdie restaurant reeds drie restaurantbestuurders kwytis wat raaiselagtig verdwyn het. In al drie gevalle is een skoen by die asblikin die stegie langs die gebou gevind. Volgens die twee sjefs wat by dierestaurant werk, soek die polisie steeds na die vermiste persone. TerwylStephanie en Lula hul nuwe werksomgewing verken, word Stephanie se ou motorvoor die restaurant gesteel. Sy bel haar vriend Ranger wat 'nsekuriteitsbesigheid besit om haar motor op te spoor. Ranger vind haar motor enis bekommerd oor waar sy haar bevind.
Stephanie se kêrel Morelli, 'n polisiemanwat toevallig die misdade by die restaurant ondersoek, sien Stephanie voor dierestaurant toe hy daar verby ry. Hy is baie bekommerd en raai haar sterk aan omas restaurantbestuurder te bedank. Intussen verdwyn daar nog 'n persoon by diedeli - 'n persoon wat Stephanie by die restaurant in beheer geplaas het vir tyden wyl. Sy besluit om nie as bestuurder te bedank nie, maar te help soek na dievermiste persone. Ranger en Morelli ontferm hulle oorStephanie en besluit om haar nie vir een oomblik alleen te laat nie. Die tweeis natuurlik baie jaloers op mekaar en veg vir Stephanie se aandag.
Neef Vinnie verdwyn ook, een skoen wordgevind en so ook Vinnie. Die enigste vermiste wat op daardie stadium opgespoorword - iets wat nie ooreenstem met die ander ontvoerings nie.
Stephanie probeer intussen haar "regte"werk hervat en 'n man met die naam, Victor Waggle, vind wat sy borgverhoorgemis het. Die man hou hom egter skaars. Stephanie, Lula, Morelli en Rangerspan kragte saam om hom vas te trek en kom dan agter dat hy baie met dievermiste restaurantbestuurders te doen het.
Die rede vir die ontvoerings wat so te sêaan die heel einde bekend gemaak word, is nog interessanter as al die karaktersin hierdie boek. Misdade, romanse, speurwerk en humor - alles in een! - YolandiJordaan

Sleeping BeautiesOwen King and Stephen King, (Hodder& Stoughton, R339)
Reg oor die wêreld val vroue in 'n diep slaap en word dan bedek met 'nfyn web. Kort voor lank staan die gebeurtenis bekend as die Aurora-virus. Menseword gewaarsku om nie die web van die geaffekteerde vroue te probeer verwydernie. Dit kan tot tragiese gevolge lei. Soos die virus deur die wêreld versprei enal meer vroue aan die slaap raak, begin wanorde en chaos heers. Daar is groepemans wat rondreis en vroue in hul webkokonne verbrand. In die klein dorpieDooling naby Wheeling, Wes-Virginië, Amerika arresteer sheriff Lila Norcrossvir Eve Black op aanklagte van moord. Eve word in die naby geleë tronk virvroue aangehou vir waarneming deur psigiater, Clint Norcross. Eve is egter anders as die ander vroue, want sy kan slaap,normaal wakker word, sy kan diere beheer en weet dinge van almal. Eve vertelvir dr Norcross dis sy plig om haar en die ander vroue in die tronk te beskermtotdat alles na normaal terugkeer. Al is die storie baie interessant, vloei dieverhaal uiters stadig en dit voel of die normale trefkrag van Stephen Kingontbreek. - Karien Labuschagne

Leveragein Death,J.D. Robb(Little Brown, R280))
Keuses is die sentrale tema van die speurverhaal. Wat sal jy doen as jy tweekeuses gegee word? Paul Rogan word voor 'n keuse gestel: sy familie of sykollegas. Hy kies sy familie en in die proses laat hy 'n selfmoordbaadjie ontplof tydens 'n vergaderingom die samesmelting van EconoLift en Quantum te finaliseer. Hy en 11 ander sterf entalle is beseer. Daar is geen duidelike motief nie, maar die aandeleprys van beidemaatskappye val soos mense hul aandele verkoop. Luitenant Eve Dallas en haarspan ondersoek die moontlikheid dat die motief was om geld te maak deur aandeleop te koop nadat die aandelepryse geval het maar weer sal styg sodra diesamesmelting wel plaasvind. Eve besef as geld die motief vir die aanval was, isdit slegs die begin. Die ondersoek dui aan dat Paul en sy familie al vir maandedopgehou is en hul rekenaars geïnfilteer is. Hoe beskerm sy die publiek, vinddie geteikendes en vind uit wie agter die aanval is? - Karien Labuschagne

Dyingto Live,MichaelStanley (Orenda Books, R180)
Dieliggaam van 'n bejaarde Boesman word naby die Sentrale Kalahari Nasionale Parkaangetref. Voetspore by die lyk dui aan dat hy nie alleen was nie. Die liggaamword vir 'n nadoodse ondersoek na Gaborone gestuur waarin bevind word dat synek gebreek is. Tydens die lykskouing word 'n koeël gevind, maar daar is geenwond aan die liggaam nie. Verder is dit duidelik dat alhoewel die Boesman baieoud was, sy organe die van 'n baie jonger man was. Dr Ian MacGregor, dieforensiese patoloog, bespreek die resultate met assistent superintendent David (Kubu)Bengu. Alhoewel Kubu nie wil inmeng by speursersant Segodi se ondersoek nie,raak hy betrokke wanneer die liggaam uit die lykshuis gesteel word. Intussenondersoek speurder Samantha Khama die verdwyning van die toordokter BotleleRamala. Soos die twee ondersoeke vorder, blyk dit kort voor lank daar's 'nverband. In die uitstekende speurverhaal word korrupsie, bendes en smokkelaryondersoek. - Karien Labuschagne

FriendRequest LauraMarshall (Little Brown, R275)
"Maria Weston wants to be friends on Facebook". Sobegin Louise Williams se nagmerrie. Maria het 25 jaar gelede tydens dieafsluitingspartytjie van die laaste skooljaar verdwyn en almal glo sy is dood.Sedert dié partytjie spook Louise se gewete by haar oor die moontlike rol watsy in Maria se verdwyning gespeel het. Dan ontvang Louise 'n uitnodiging na dieskoolreünie, wat sy aanvaar. Sy begin ontstellende boodskappe van Mariaontvang, soos "You don't deserve to be happy. Not after what you have done."Louise probeer sin maak van wat 25 jaar gelede gebeur het. Is dit moontlik datMaria nog lewe, maar waar was sy dan die heeltyd? 'n Donker, ontstellenderiller oor die gevolge van dade en hoe belangrik dit is om ander se gevoelensin ag te neem. - Karien Labuschagne

Hangman,Daniel Cole (Orion UK, R295)
Hangmanis die opvolg van ‘Ragdoll' en speel 18 maande later af. Hoofspeurder EmilyBaxter was betrokke in die oorspronklike saak teen Lethaniel Masse wat die‘Ragdoll' moorde gepleeg het en het gehelp om hom aan te keer. Emily wordgenader om saam met CIA agent Damien Rouche en FBI agent Elliot Curtis te werkin 'n reeks ‘copycat' moorde. In beide Engeland en Amerika sterf mense met ofdie woord, "puppet' of ‘bait' in hul bors gekerf. Keer op keer, sodra hulle 'nverdagte het, sterf dié. Dus bly die werklike moordenaar hulle een stapvooruit. Met elk moord wat erger is as die vorige een, het sy geen keuse as omRouche en Curtis te vertrou nie, alhoewel sy besef dat hulle informasie vanhaar weerhou. Is dit vrywillig of is hulle beveel om dit te doen? 'nUitstekende speurverhaal en alhoewel dit 'n opvolg is, is dit nie 'n vereisteom ‘Ragdoll' te lees om die verhaal te verstaan en te geniet nie. - Karien Labuschagne

IAlways Find You,John Ajvide Lindqvist (Quercus, R320)
In 1985 verhuis 18-jarige John Lindqvist naStockholm. Nadat hy verskeie toernooie as junior amateur towenaar gewen het,besluit hy om towerkuns sy loopbaan te maak. Daar is geen stort in die woonstelwat hy huur nie, net 'n wasbak en toilet. Hy moet die badkamer in die waskamer gebruik.John begin 'n verhaal skryf oor 'n insident wat met hom gebeur het toe hy 12was. Hy is boonop 'n winkeldief. Kort nà sy intrek begin hy vreemde oproepe ontvangvan iemand wat wil weet of Sigge daar is. 'nPaar dae later is die badkamer in die waskamer gesluit met 'nnota daarop wat sê: "Gesluit vir onderhoud tot verdere kennisgewing". Sy burebegin vreemd optree en sluip skelm die badkamer in. Wat gebeur daar binne omhulle in ekstase te vervoer? As hy vra, word gesê hy kan dit ook kry maar daaris 'n koste daaraan verbonde. Die koste? Net 'nbietjie bloed; dis die moeite werd, is dit nie? Die verhaal oor beproewinge enprobleme van jonk-wees is gegrond op Lindqvist se verlede. As die gebeure waaris, verwag ek dat die polisie enige oomblik aan Lindqvist se deur gaan klop! - Karien Labuschagne













