Die Vriendelike Stad-dansfees 2024 (Friendly City Dance Festival) word binnekort in die Baai aangebied. Meer as 650 dansers van Gqeberha, George, Knysna, Makhanda, Addo, Uitenhage en Uniondale sal daaraan deelneem.
Dansliefhebbers kan 'n groot verskeidenheid danse insluitende ballet, kontemporêre, klop-, hiphop- vrystyl-, Ierse, Spaanse en Acrodanse te wagte wees.
Die professionele dansers Leigh-Anne Gorrie van Johannesburg en Jacqui Pells van Kaapstad sal die beoordeling waarneem.
Gorrie dans al van sy vier is en het 16 jaar as professionele dansonderwyseres op haar kerfstok.
Pells het haar dansloopbaan onder die leiding van die befaamde Barbara Holden in 1993 begin. Sy is deesdae die bestuurder van die Jacqui Pells School of Ballet in Westlake, Kaapstad.
Goue, silwer- en bronsmedaljes sal aan die onderskeie dansers toegeken word en hulle sal meeding om in die Junior- en Senior-danskampioenskap ingesluit te word.
Die geleentheid word van 3 tot 10 Augustus by die Savoy-teater op die hoek van Stirk- en Colettstraat in Adcockvale, Gqeberha, aangebied.
Die kaartjies kos R50 per persoon vir 'n enkele sessie, R65 per persoon vir 'n dagpas en R260 per persoon vir 'n feespas.
Dit sluit egter nie die gala-konsert in nie.
Die kaartjies kan aanlyn deur Webtickets gekoop word.
Skakel 083 471 8893 of stuur epos aan monicahewitson@ gmail.com vir inligting.





















