Art on Target, Targetkloof 2, Essexvale, Gqeberha:
Come Dine With Us word op Saterdag 29 Junie om 18:00 deur Keramiek Suid-Afrika: Oos-Kaap aangebied. Die geleentheid kos R250 per persoon en sluit 'n keramiekbakkie, sop, tuisgebakte brood en musiekvermaak in. Kaartjies kan aanlyn deur Quicket gekoop word.
Die opening van die keramiekuitstalling vind op Maandag 1Julie om 17:30 plaas en kan gratis bygewoon word.
Dit is ook tyd vir die uitstalling 2024 Same Size, Same Price, No Signature. Enige kunstenaar wat ouer as 18jaar is en in Suid-Afrika woon, kan daaraan deelneem. Inskryfvorms is by die Art on Target-kunsgalery beskikbaar.
Artec, Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan1, Sentraal, Gqeberha:
Die uitstalling Landscapes, Landmarks: Make Your Mark duur tot Saterdag 17Augustus in die kunsmuseum. Stuur 'n WhatsApp na 0737619418 om bywoning te bevestig en vir nog inligting.
GFI-kunsgalery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:
A Semigrant Mirror, 'n solo-uitstalling deur die Oos-Kaapse kunstenaar Jeff Rankin, kan in die galery besigtig word.
Victory(Fied) 'n uitstalling deur die keramiekkunstenaars Billie McNaughton, Sonwabiso Ngcai en Lois Strong open Saterdag 29 Junie om 10:30. Bel die galery by 041 586 3973 of stuur 'n e-pos aan manager@gfiartgallery.com.
Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan1, Sentraal, Gqeberha:
Werkswinkels vir kinders van ses tot 12 jaar word in die vakansie aangebied. Maandag 24 Junie - leer weef met wol; Woensdag 26 Junie - teken speletjies; Donderdag 27 Junie - maak 'n skildery; Maandag 1 Julie - leer weef; Woensdag 3 Julie - werk met gemengde media; en Donderdag 27 Julie - maak drukkuns. Dit kos R30 per kind per sessie op die bogenoemde dae van 09:30 tot 12:30. Stuur 'n WhatsApp aan 0794900690 om plek te bespreek.
Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Birdstraat 20, Sentraal, Gqeberha:
.land/lines., 'n groepuitstalling, vorm deel van die saamgestelde program van die Nasionale Kunstefees wat in Makhanda aangebied word. Die uitstalling kan tot Saterdag 30Junie van 09:00 tot 17:00 elke dag in die Birdstraat-kunsgalery in Gqeberha en in die Atherstone-galery in Makhanda besigtig word.
Rondleidings word deur die twee kurators, Jonathan van der Walt (Gqeberha) en Uthando Baduza (Makhanda), môre Junie in Makhanda om 15:30, op Vrydag 29 Junie in Gqeberha om 10:00, en weer op 29 Junie in Makhanda om 14:00 aangebied.
Besoek https://tickets.nationalartsfestival.co.za/en/events/342/landlines# of visualarts.mandela.ac.za. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan gallery@mandela.ac.za of skakel 0415043293.
Volg die gebeure ook op Facebook op die blad Bird Street Gallery, Nelson Mandela University, en op Instagram by @birdstreetgallerynmu.
Newton Hall, Goedehoopstraat 17, Jeffreysbaai:
A Happening is 'n uitstalling waaraan talle kunstenaars deelneem. Die opening is op Dinsdag 25 Junie om 16:00 en sal tot 18:00 duur. Die uitstalling kan daarna van Woensdag 26 Junie tot Vrydag 28 Junie van 11:00 tot 16:00 en op Vrydag 29 Junie van 11:00 tot 15:00 besigtig word. Skakel 082698 9612 of stuur 'n e-pos aan a.happening.kouga@gmail.com vir nog inligting.
Stuur kunsnuus per e-pos aan














