KUNS:
• Art on Target, Targetkloof 2, Essexvale, Gqeberha: Human Moments, 'n uitstalling deur Cedric Vanderlinden en ander genooide kunstenaars duur tot 1 Oktober. Skakel 041 373 3334 of 083 728 5295 vir inligting.
• GFI-kunsgalery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha: Textile Art PE & Keiskamma Art Project, 'n groepuitstalling van tekstielkuns, duur tot 16 Oktober. Die kunsgalery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word. Skakel 041 586 3973 met navrae.
• Leela-flow, Hoofweg 34, Walmer, Oos-Kaap: The Artist Way, 'n kunskursus, word elke Maandag van 30 September tot 13 Januarie om 16:30 tot 18:30 aanlyn op Zoom aangebied. Dit kos R3 900 en kan in drie paaiemente betaal word. Bel Theresa Hardman by 082 443 3840 of stuur e-pos na hello@leela-flow.co.za of t@leela-flow.co.za vir inligting.
• Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha: Printing Perspectives is 'n uitstalling van drukwerke uit die museum se private kunsversameling en kan tot 13 November besigtig word. Behind the Scenes is 'n insiggewende uitstalling oor wat agter die skerms by die museum gebeur. Daar is verskeie interessante dokumente wat gelees kan word uit die museum se bewaringsargief, sowel as 'n verskeidenheid skilderye uit die museum se eie versameling. Dié uitstalling kan tot 25 Januarie 2025 besigtig word. Die uitstalling Who's Who & What's New open op 30 November en kunstenaars van 18 jaar en ouer kan reeds werk daarvoor inskryf. Die sluitingsdatum is 14 November. Besoek die museum op weekdae tussen 09:00 en 16:00 en op Saterdae tussen 09:00 en 12:45. Skakel 041 506 2000 of 079 490 0690 vir nog inligting. Besoek die webblad by www.artmuseum.co.za.
• The Makery, Smarttweg 4, Nahoon, Oos-Londen: 'n Solo-uitstalling deur Jeff Rankin kan by dié kunsstudio besigtig word. Bel Rankin by 082 202 4917.

TEATER:
• Centrestage@Baywest, Gqeberha: By dié nuwe kabaretstylteater word verskeie opwindende produksies die volgende paar weke aangebied.
- The Sparkling Sisterhood, Vanaand om 19:30. Die kaartjies kos R180 per persoon.
- Absolutely Abba, Vrydag, 4 Oktober om 19:30. Die kaartjies kos R250 per persoon.
- Kids Rock, Saterdag, 5 Oktober om 13:30. Die kaartjies kos R70 per persoon.
Die kaartjies kan aanlyn deur Quicket gekoop word of bel Wendy by 082 661 6921 vir groepbesprekings. Elke kaartjie sluit 'n R50-koskoepon in wat tot einde November by Biloxi Spur, John Dory's, Panarottis en RocoMamas in die Baywest-inkopiesentrum gebruik kan word.
• Savoy-teater, h.v. Collettstraat en Diazweg, Perridgevale, Gqeberha: Grease , 'n musiekblyspel, word tot 5 Oktober om 19:30 met middagvertonings om 14:00 op Saterdae en Sondae aangebied. Die kaartjies kos van R120 tot R180 per persoon en kan aanlyn deur Webtickets gekoop word. Bel Rose by 072 906 1977 of stuur e-pos aan info@impacttheatre.co.za met navrae.
- Stuur kunsnuus per e-pos na Willemien.Green@dieburger.com.


















